Johan9255 wrote:
DANKIE VIR JOU HULP EK HET GEDINK DIT GAAN OOR LYN BREUK KRAG SOOS MET SURF STOKKE. Nog n ding wat ek nie so lekker verstaan nie is die sinkers. dit word nie gemerk soos 1oz twee 2 oz ensovoorts soos ander sinker nie dit is m1- m00 en wat ever nog. is daar n chart of iets op sealine wat so iets verduidelik. baie confusing
Maklikste is maar om in die winkel te kyk op die pakkie. Dit staan gewoonlik daar. Dit verskil soms van een vervaardiger to n ander.
M00 is die ligste en dan word dit swaarder soos die nommer groter word. Meeste van ons hengel maar met M1. Onthou die bol moet nie te groot wees nie anders gaan jy afgooi. Alles in proporsie.
Beste sal wees om saam iemand te gaan hengel en hul kan jou al die dinge wys. Dit maak dan ook baie meer sin as jy dan self probeer.
Sterkte en geniet die hengel.