Sondor Industries het 'n tak in Kaapstad. Kontak die ouens en laat hulle vir jou 'n stuk van hulle wit XPS33 geslote sel skuim aanmekaar sit wat 3m lank is, 1m wyd is en 200mm dik is. Hierdie shuim is fantasties om mee te werk. Jy gaan ook peel ply nodig he. Die wit is nie so warm in die son nie, die swart en self blou gaan jou agterent lekker laat braai en dalk die lyne afsmelt.
Jy kan die skuim saag, veil, grind, sny, skuur ens tot dit die regte vorm is wat jy wil he. Omdat die skuim so maklik werk kan jy dit maak nes jy dit wil he. Dit kan langdurig in water wees en sal nie water in neem nie. en jou kano sal nooit kan sink nie. Ek sal ook voorstel jy hol nie die hele stuk skuim uit sodat dit soos 'n bad is nie, maar eerder so is dat jy meer bo-op sit. Die skuim is baie duursaam en jy kan op dit loop sit ens en sal baie lank hou.
Vir die holtes wat jy maak kan jy gate skuins na onder agtertoe deur maak sodat water deur en uit loop en nie opdam nie. Ek stel ook voor jy maak die kamo se grootte bietjie groter, dis veiliger veral as daar bietjie van 'n tjop op die water kom. Jy hoef net die onderkant en die kante te glasvesel tot se so 25mm van die bokantste rand af, die bokant bly dus sag en gerieflik om op te sit. Ek sal nogtans voorstel jy vorm die sitvlak gedeelte vir gerief.
Op drie meter lengte behoort jy weg te kan kom met 4 lae 450g woven roving, dit is 'n geweefde glas en die sterkste wat mens kry. Jy gaan resin nodig he, ek sel voor Cray Valley se UPE 1780 en verharder K12. Die k12 gee vir jou extra tyd om te werk. Die verhouding verharder tot resin is 2%, en jy moet dit deeglik meng. Ek sal ook voorstel jy wag tot dit koud is (onder 15oC), voor jy met die glaswerk begin. Die glas behoort nie te set wanneer die tempertuur so laag is nie.
Dit gee vir jou genoeg tyd om rustig al die glaswerk klaar te maak. Die geheim is om behoorlike voorbereiding te doen. As jy moeite doen sal die eind resultaat aansienlik beter wees as wanneer jy net lap en plak. Die glas moet jy voor die tyd merk en sny sodat dit reg op die skuim se onderkant pas.
Werk versigtig sodat die glas nie onnodig uitrafel nie. Wanneer al die lae glas voorberei is haal versigtig een vir een af en sit in volgorde neer. Maak die resin met 2% verharder aan, as dit nie so koud is nie kan jy tot 1% verharder verminder maar dis abo so luut die minimum anders gaan die resin nie set nie. Jy moet baie deeglik meng !!!
Jy gaan nodig he 'n verf bak, so twee x 200mm verfrollers, 'n roerspaan of plastiese lepel, skuur papoier en verf. Werk in 'n goed geventileerde area onder dak en waar dit droog is, niks mag onder geen omstandighede nat wees nie. Die resin sal jou vel brand, so sit 'n halwe 5L emmer koue kraan water naby neer en gooi so 'n koppie waspoeier daarin. Jy was jou hande daarin om die resin af te kry, ou handoek om af te droog. Die eerste stap is om so een liter resin aan te maak met verharder in. Verf die kano se onderkant deeglik sodat dit nat is en nie droe kolle het nie maar die resin moet ook nie afloop nie.
Sit dan die eerste laag glas op en begin die glas te benat. Die glas neem so 'n minuut of wat om 'kleur' te verander van wit af na deaurskynend soos die glas die resin inneem. Jy moet tyd hou sodat jy nie te lank aan een laag glas spaandeer nie, 10 min, 15 maks dan moet jy die volgende laag glas begin. Die roller sal oorskot resin opneem en weer op droer plekke uitlaat, die glas moet oral deurnat wees. As daar droe kolle is betekn hulle niks nie en sal geen sterkte he nie.
Ek sal nie minder as 4 lae glas voorstel nie, jy kan meer opsit as jy wil. Wanneer die laaste laag glas op is, moet die peel ply oor dit opgesit word, en ook eenvorming in gerol word met die roller. Die peel ply kan nie om hoeke vorm soos die glas nie, jy sal dit moet vou on dit netjies te hou, jy kan punte ens met kospelde vassteek sodat dit nie wegtrek nie.
Die peel ply is net daar om die oortollige resin deur te laat en wanneer die glas droog is trek jy die peel ply af. Die peel ply gee vir jou 'n goeie gladde afwerking wat reg is om geverf te word en met minimum skuur werk agterna. Ek verkies 2k kar verf as jy mooi afwerking wil he moet jy spuitverf, maar deesdae verf die ouens sommer hulle bote met akrilliese verf, hulle se dit hou net so lank.
Die basiese gewig behoort 3m x 0.2m x 1m @ 33kg/m^3 te wees so die skuim gaan so 19 kg weeg minus wat jy extra uithaal. Die glas is ~3.4m lente x 1.3m wydte x 4 lae x 0.45kg/m^2 so die glas gaan so 7kg weeg. Hand opleg gebruik ongeveer dieselfde hoeveelheid resin as glas so die veselglas gaan so 14kg weeg. Die basiese totale gewig gaan dus so 19kg + 14kg wees so 33kg in totaal.
Laat die vrou maar die ding op en aflaai sodat jy nie dalk jou rug seermaak nie ;-) Die kano sal in totaal 3m x 0.2m x 1m se displacement nodig he om onder die water in te druk, net-net, so jy kyk na 600kg totale displacement, so met jou gewig met daai sinkers en pap wat julle die visse voer behoort die kanoe net net bo te bly ;-)
As jy dit so gaan doen, pos bietjie portrette sodat ons kan sien hoe jy vorder.