can someone please give me directions how to get t

van_straaten

Senior Member
can someone please give me directions how to get there?

and is it an ok place to fish ? (according to roodeplaat standards)
 
van_straaten

Senior Member
is dit maar net n ander naam vir noord transvaal gronde ?

ek het google maps probeer dit verwys my die hele tyd na die wildsresevaat dinokeng

ek het al nood tranvaal gronde en hengelaarsvriend
en die karavaan park by roodeplaat vrot gevang

die artikel in stywe lyne jun 2012 word daar gepraat van dinokeng roodeplaat en dit lyk nogal soos n lekker oewer

dankie vir al die hulp sover
 
Skuimkop

Sealiner
Dinokeng? Ken nie maar dit kan dalk die stuk oewer hieronder wees. Lui die foto vir jou 'n klokkie?
 
Attachments

  • Roodeplaat JPEG.jpg
    Roodeplaat JPEG.jpg
    36 KB · Views: 176

AYOBA!

Sealiner
hierdie is dinokeng, was vroer in SL..

Ek het n privaat deel teen Roodeplaat Dam naby Dinokeng baie geriewelike kamp staanplekke met kragpunte baie koelte bome en n privaat winkel wat alles van hout ys en diesmeer kan verskaf

R 15 per voertuig en R 35 per persoon per nag Kinders onder 12 is gratis

24/7 sekuriteits wagte wat rondbeweeg

Kontak om te bespreek 08399XXXXX Hierdie nommer is glo die verkeerde een

Phone 086-1111798
 
Joempas

New member
Die foto is van n plot tussen die Kameel fontein pad en die wild reservaat, oorkant die ou Roodeplaat Aventura oord wat nou bekend staan as Sable Hills. Die is een van die beste plekke op die dam omdat jy feitlik in die ou rivier bed hengel by n inloop. Sover ek weet is dit nie n publieke plek nie en geen geriewe. Die oewer is nie baie groot nie. Die laaste keer toe ek daar was die huur-eienaar ou Piet Slang, duiwe boer. Groot babers wat onder die brug deur beweeg na die inloop ander kant die brug. Definitief beter as Noord Transvaal gronde, waar die druk net te groot is. Ek ken hierdie gedeelte vir langer as 30 jaar  Die vis het my al op my naam begin roep ! Voorspoed.
 
Joempas

New member
Vanaf die Pietersburg Hoofweg neem jy die Zambesi afrit. Dan ry jy in die rigting van Cullinan. Oor die pad wat Moloto toe gaan en dan weer deur die volgende stop straat. Die pad waar jy afdraai is die pad na Kameeldrift verby die Baviaanspoort gevangenis seker so 5 of 6 kilometer vanaf die hoofweg. Dan ry jy oor die eerste rivier brug en dan onderdeur n treinbrug so n opdraend. Vanaf die brug is dit omtrent nog so 3 of 4 kilometer dan kry jy die plek op jou linkerkant, voordat jy oor die dam se brug ry.

Skuimkop

Sealiner
Joempas wrote:

Is die afdraai na daai venue van Zambezi (R513) af, nie die straat voor jy Baviaanspoort tronk kry nie? Die een wat verby die Reservaat gaan en later ook Sablehills? Op die foto is die tronk net agter daai koppie. Of het ek die kat aan die gat beet?
 
Attachments

  • roodepplaat Jpeg.JPG
    roodepplaat Jpeg.JPG
    42.1 KB · Views: 128

Skuimkop

Sealiner
Joempas wrote:
Die foto is van n plot tussen die Kameel fontein pad en die wild reservaat, oorkant die ou Roodeplaat Aventura oord wat nou bekend staan as Sable Hills. Die is een van die beste plekke op die dam omdat jy feitlik in die ou rivier bed hengel by n inloop. Sover ek weet is dit nie n publieke plek nie en geen geriewe. Die oewer is nie baie groot nie. Die laaste keer toe ek daar was die huur-eienaar ou Piet Slang, duiwe boer. Groot babers wat onder die brug deur beweeg na die inloop ander kant die brug. Definitief beter as Noord Transvaal gronde, waar die druk net te groot is. Ek ken hierdie gedeelte vir langer as 30 jaar  Die vis het my al op my naam begin roep ! Voorspoed.
Watse size babers het daar uitgekom? Gewig wise, weet jy dalk?
 
Joempas

New member
Jy is korrek. Die tronk gebou is wel agter die heuwel, maar as jy die afdraai neem dan ry jy al langs die heining en verby die ou ingang na die tronk tot waar jy oor die rivier ry wat inloop by Fell. Indien jy met die pad aanhou en jy ry verby Sable Hills se ingang, kom jy uit op die pad wat Moloto toe gaan.
 
van_straaten

Senior Member
Skuimkop wrote:

sal ook wil weet oor die babers!
 
Joempas

New member
Roodeplaat het monsters, maar jy sal hulle meer gereeld kry in die dieper gate en kanale. Die spesifieke plek is soos n highway na die poel aan die anderkant van die brug waar die vis graag spawn. Staan laat middag op die brug en dan sien jy wat daar verby beweeg. Voor die ontwikkeling het ek telkens as ek van Avontura af gekom het, eers op die brug stil gehou om te sien wat daar onder beweeg en veral gedurende die spawn. Jy sal verbaas wees. Onthou die dam het nog nooit enige massiewe vis vrektes gehad nie en is ook nie gister gebou nie. Daar is regtig groot vis in die dam.
 
Skuimkop

Sealiner
Joempas wrote:
Jy is korrek. Die tronk gebou is wel agter die heuwel, maar as jy die afdraai neem dan ry jy al langs die heining en verby die ou ingang na die tronk tot waar jy oor die rivier ry wat inloop by Fell. Indien jy met die pad aanhou en jy ry verby Sable Hills se ingang, kom jy uit op die pad wat Moloto toe gaan.

Askuus maar ek is nou dumbstruck. Die Pienaars rivier is mos die rivier (eerste brug na jy afgedraai het wat jy oor gaan) wat verby Fell (Seekoeigat) se plek vloei. Daarna ry jy mos onderdeur die treinbrug by die bult op waarvan jy hierbo gepraat het en dan kry jy die brug waar die venue is waarvan ons praat en dit is die Edendale rivier. Dis mos hier vanwaar jy die babers gesien het. Het ek dit nou reg?

Die Pienaars rivier:
 
Attachments

  • Pienaars.jpg
    Pienaars.jpg
    40.3 KB · Views: 110
Top