byt tempo

dewalds

Member
Dagse manne!

Hoe bepaal jy jou byt tempo? Ek weet dat 'n mens stophorlosies gebruik om die tyd af te meet maar hoe werk mens uit hoe lank om te wag? :ifishin
 

Naruto

Sealiner
Deur te kyk hoe lank die vis byt... Nie net jou eie nie, maar ook jou penmaat en die manne langs jul. Met jou eerste gooi het jy mos al reeds n idee hoe lank jy die aas gaan laat le. Se nou dis 30min. Dan ruil jy elke 30min jou aas. Maar dit hang ook af van wat om jou aangaan. Help nie jy ruil elke halfuur maar die manne om jou kry elke 40min vis nie. Jy haal mos nou die aas voor die vis se bek weg...lol! Die horlosies help my gewoonlik om die aas nie te gou uit te haal nie. Kwarture voel soos ure as mens in n klubkomp of liga is. Party manne kry gooikoors. Gooi elke keer as enige ander ou om hom n vis kry.
 

dewalds

Member
Dankie Naruto. Waarvoor ek bang is is dat my en my penmaat, of wie ookal langs my hengel se eerste byte van die dag "fratse" is, maw dit is besondere vinnige byte.

Wat sal 'n goeie tyd wees om jou aas te laat le tydens somer sessie, en dan ook tydens 'n wintersessie as daar by 'n nuwe onbekende venue gehengel word?
 

Naruto

Sealiner
Dis nou n goeie vraag... Hang af van die venue en die aas. Mielies kan baie lank le... Deeg en floats tot so twee ure. Kyk ook maar wat gaan om jou aan... Maar daar is nie vaste reels nie... Belangrikste is aftsand. Kry dit reg en die vis hoef jou nie te kom soek nie...lol!
 
Top