Bass kan dwarsdeur die jaar gevang word en veral die winter lewer partymaal groter visse op as die somer.
Die belangrike ding is om jou patroon van vang te verander. In die winter moet 'n mens baie stadiger vang wat die swartbaars aanbetref omdat 'n mens nie sommer 'n reaksie byt soos in die warmer maande gaan kry kry
Ons het wel 2 weke terug vroeg oggend goeie byte in Clanwilliam gekry. Een my van my vriende op die BFSA forum het die afgelope naweek diesefde ondervind.
By Bulshoek is daar een van ons bass vang vriende Dawid-Thys Louw wat op die varkplaas bly. Hulle het 'n huise voor teen die water wat 'n mens kan huur. Hy sal defnitief van hulp wees om te se wat hierdie tyd van die jaar sal werk