Bronkies

Redro

New member
Hi almal

Kan julle my asb. help met raad vir bronkies, dit is een dam in my omgewing wat ek nog nooit gaan hengel het.

Wil graag karp vanaf oewer vang, enige raad met hengel plekke om die dam, geriewe, dips wat werk, beste strop en afstand van hengel - wat is die gemiddelde gewig van vis wat tans uitkom ?

Beplan deurnag sessie vanaf Vrydag middag tot Saterdag.

Sal enige raad verwelkom en hopelik positiewe terugvoer kan gee na die naweek.

Groete
 

GhostCarp

New member
hello ek gaan sit gewoonlik oorkant of effe regs van die tweede ablusie blok langs die rietbos, geure soos piesang, tcp, garlic werk goed daar en vampire floaties is altyd n wenner
 

TimJan

Sealiner
Bronkies natuur resevaat is maar een van die beste plekke om van die kant af te vang.

Aas: Bronkies is n ABC dam bedoel Almond, Banana en Caramel en dan werk n garlic ook altyd goed.

Ek sal ook met swd vang op een hoek en n klein floatie met n deegie op die ander.

Hengel afstand van 50m tot sover as wat jy kan.

Ek gaan self saterdag daar wees vir n dag sessie.

Later
 

TimJan

Sealiner
Hi

Dit is by Bronkies die natuur resevaat.
Die ander oord is Bajadam maar hulle het n bietjie n probleem met gras.

Ek was daar so 1.5 maande teru toe was die average size so 1.5kg.
 

Redro

New member
Thanks TimJan

Sal dan na natuur gaan, en ook hoeklyn bietjie langer maak, hopelik bietjie groter as avg. kry deur die nag.
 

GhostCarp

New member
ja sorry natuurbewaring kant ...gooi een stok naby en n anderstok lekker diep ek hengel meerendeel een stok so 80-90m en ander ene 120+ op die diep stok wat bietjie gaan le kan jy gerus m pit ..ek love n lekker gumtree of tjop tjop pit laat hom le so lank jy kan jy sal altyd n beter kwaliteit vis so optel , ek so stok al meer 4ure so laat le(op n rustige sosial) en as jy rebait dan ruik jy nog die tjop tjop op die pitte , so ja as jy kwaliteit produkte gebruik sal dit altyd mooi deurkom

by bronkies kry mens ook daai lekker harde reel runs hulle speel nie met n aas daar nie hulle tel hom op en trek weg soos n dragster so maak maar seker jou baitrunner is nie te vas gestel nie ek op die shimanos so 3 tot 5 clicks
 
Top