Bronkhorstspruit Natuurreservaat

Karbols

New member
Dagsê aan al die mense,

Wel, soos julle kan sien, is ek nog 'n groentjie hier op die forum. Het al vir 'n redelike tydperk die topics wat geplaas is gelees,maar kon nooit enige foto's / attachments sien od enige kommentaar lewer nie. Dit het my ook laat besluit om hier aan te sluit om saam te kan praat, en ook moontlike inligting van my kant af te kan gee.

Die mense wat dalk gereeld ook hengel by Bhs Natuurreservaat, weet hoe dit tans lyk daar, en ook watter problem hulle dalk al daar ervaar het. Dit is hier waar ek graag sal wil hoor watter voorstelle die mense mee kan kom om die reservaat op te gradeer. Die reservaat is nou onder 'n nuwe person se beheer, en ek verstaan dat teen einde Mei maand, word daar nuwe fondse toegeken.

Die reservaat kan weer die "naam" kry wat hy jare terug gehad het:SSS Enige voorstelle?
 

AYOBA!

Sealiner
jy moet nie haastig wees nie, gewwonlik is die site maar redelik dood van Donderdag aande tot Maandae...
 

Willz

New member
Hi karbols

Was verlede maand by die reservaat, in algemeen n baie lekker dag gewees. Die personeel was vriendelik en behulpsaam, die ablusies was mooi skoon.

In n perfekte wereld, sou ek graag wou sien dan van die watergras voor die hengel areas miskien bietjie uitgehaal word, sou ook great wees as die bote kon verhoed word om aan die reservaat se kant te mag "speel"

Maar soos ek se in n perfekte wereld....

Hou ons asb op hoogte van enige postiewe verwikkelinge!
 

Karbols

New member
Willz,

Myself en my seuns was ook verlede maand by die reservaat, ... ook lekker paar dae gehad, maar dit was 'n bietjie frustrerend met verskeie bote en jetski's. Sekere van die mense was baie moedswillig, en kom so naby aan die kant as moontlik. Ek het tot op een stadium my seuns aangesê, om glad nie met die kano op die water te gaan nie, en dit as gevolg van 'n persoon op 'n jetski, wat die heeltyd ouens op kano's teiken, en dan moedswillig groot golwe om hulle maak en sodoende hulle probeer "omgooi". Het ook slegs in die nag met die bait boat op die water gegaan. Groot geskree van sekere hengelaars op die jetski, maar julle weet, ..... net vinger taal en dit is dit! Baie swak gedrag!! (Moet miskien weer die kabel terug sit saam met die oranje buoyies, soos in die ou dae?)

Verder, heel aangenaam. Die microlight vliegtuie gooi paaseiers af vir die kampeerders. Nice om die reaksie van die kinders te sien! My eerste reaksie toe ek sien hoe word goed afgegooi deur die microlights hier uit die lug uit:"Kyk nou hoe lelik is die mense om die kampers te gooi met goed hier uit lug uit!" Moes maar vining my woorde terugtrek, ...... dis nou nadat ek gesien het wat / waaroor dit gaan. Baie mooi van hulle vir die kinders!

Watergras was ook maar so nou en dan 'n probleem, en ja dit kan moontlik nog verwyder word in die toekoms. Seker omdat die watervlak ook baie gesak het? Baie ou lyn met ou stroppe aan uigehaal. Hoeke al afgeroes.

Die reservaat self verstaan ek, dat die ablusie blokke heeltemal ge-upgrade gaan word, en daar gaan ook moontlik nuwes gebou word. Daar is tans 'n probleem met water, aangesien een van die boorgate opgedroog het. Sal graag wil sien dat daar weer 'n nuwe winkeltjie met al die daaglikse benodighede kan wees. Dinge soos vars brood, melk, koeldrank, hout, charcoal, ens. Ons sal maar half moet wag en kyk wat gebeur!
 
Top