braid of nie ?

Fishx

New member
Goeie dag Mense

dalk kan ek bietjie advies en opinies van julle kant af kry....

Hierdie is iets waaroor ek en my broer al lank oor stry .....

ek reken as mens braid as jou hooflyn gebruik op afstande van 100m+ dan gaan jy baie meer buite sien as wat jy dalk op gewone 5lb of10lb mono gaan sien maar sal jy ook baie meer vis verloor of hoe ?

dankie

Bremer

 
 

wmpruis

New member
Dagse.

My opinie is... Lyn dien dieselfde doel dit is net die dikte en sterkte wat verskil tussen die lyn tipes.

Jy gaan nie as gevolg van die lyn die byte beter raak sien nie.

Jy sal ook nie meer vis verloor nie want jou braid is baie sterker per dikte as jou gewone monofilament lyn en hy breek nie so maklik op die knope nie.

My 5 sent
 

Jake the Snake

New member
Lyn het absoluut niks te doen met of jy meer of mindervis gan kry nie. Daar hang dit als af van hoe goed jy jou aas voorberei en aanbied, waar jy gooi en waar die visse se wei plek of normale veeding spots is.

Die veskil tussen braid en mono of casting is massief. Met braid gan jy harder moet cast om op 100+ te kom maar jy het die gerustheid dat jou lyn nie so maklik gaan breuk nie (juis oor die hoe breuk krag van die lyn). Hy het ook `n hoer Abrasion resistance as jou mono lyne en dus sal hy ook nie so vinnig breuk as jy hak plek kry nie.

Met mono, veral die 5lbs, kry jy makliker jou afstand by 100+ as met die 7 of 10lbs. net omdat hy duner is en baie makliker deur die lug.

'n Ander punt is dat met die braid lyn kan jy potensieel baie vis verloor as jy nie reg werk met hom nie omdat hy geen rek(streach) in hom het nie. So as die vis hom vat en jy kap te hard soos jy sal doen met mono kan jy uit sy bek uit kap.

Just my 2 and a half cents.

Hoop dit het jou vraag redelik beantwoord.

 
 

Naruto

Sealiner
Soos ek verstaan gebruik die spesie manne braid as hul oor ver afstande (200m+) hengel omdat braid nie rek nie en dit dan help om byte te wys. Ek hengel gereeld oor 100-120m met 5lbs lyn en ek kan eerlik se ek weet van elke byt op daai afstand.

Wat die speel van vis aanbetref is dit dan beter om pap stokke (3lbs test curve of minder) te gebruik saam met braid om hook-pulls te voorkom. Maar selfs met 5lbs mono moet mens maar tog versigtig wees met die speel van vis. Enigma praat altyd van finesse angling. Basies moet mens met n sagte gewrig die stok beheer sodat as die vis besluit om kop te skud dit nie so maklik sal lei tot hook-pulls nie.
 
Top