Braid, Kingfisher vs Boss Braid Skinny

yeager

New member
So op die laaste dag van my vakansie pak my getroue goedkoop Shimano Sienna op, wel opslag moet daar 'n nuwe katrol gekoop word.

Ek ry na die naaste hengelwinkel toe met die grootste verskeidenheid, al weet ek dit is nie die goedkoopste winkel nie, maar in die Noordkaap waar ek bly is katrolle skaars.

Sonder enige oorreeding word daar aan my 'n Symetre verkoop.

Tot hier is ek baie tevrede.

Toe bevind ek my voor die braid rak, ek vra die verkoopsman wat stel hy voor, en hy haal die een of ander vreemde naam 20lb braid vir R500.00 vir 300m.Ek dink dis bietjie skurf, R1.66 per meter.

Ek wil 'n bietjie sterker braid hê, en vat toe maar 'n rolletjie Kingfisher Pro Super Braid 30lb. Ek het immers drie katrolle met dit op, dit pas my sak R1.00/m en ek het nog geen probleme daarmee gehad nie, maar voordat ek die rak verlaat, van my oog die volgende. Boss Braid Skinny 8x strand, maar die beste van alles slegs .23mm dik teenoor die Kingfisher se .25mm. Nou ek weet 50lb is overkill op op 'n 4000 katrol, maar die .23mm maak mos sin.

Gister, terug by die huis besluit ek dis tyd dat die nuwe katrol lyn moet kry, toe ek die Boss Braid oopmaak skrik ek my vrek, dis dan 'n rol boorkabel. Net daar gryp ek my digitale skuifpasser, 0,44mm dik, nie 0,23mm soos aangedui nie.

Ek het nog 'n bietjie Kingfisher op 'n rolletjie en meet dit, 0,3mm teenoor die aangeduide 0,25mm.

Net om seker te maak die skuifpasser se kop lol nie, meet ek 'n stukkie Sensation 8lb mono, 0,22mm net soos op die verpakking aangedui.

Wel, as die mense jou om die bos kan lei met die diameter, wat dan van breekkrag.

Gewapen met 'n 20 liter maatemmer van 1kg gaan ons die breekkrag toets. Eerste is die Boss braid, met 5l water in die emmer meet ek weer die diameter 0,39mm, ek maak die emmer stadig vol water en op 11 liter breek die braid in die middel, nie waar dit aan die emmer geheg is nie.

Op 12kg breek die Boss, vêr van die aangeduide 22.7kg.

Volgende aan die beurt was die Kingfisher. Met 5 liter water in die emmer meet die braid 0,28mm, dit is darem na genoeg aan die 0,25mm soos aangedui. Met 12 liter water in die emmer breek die lyn. Dis darem ook na genoeg aan die 13.6kg soos aangedui.

Die kort en die lank van die hele storie is, vir 'n Rand 'n meter, hou ek van nou af op die Kingfisher.
 

Attachments

  • kingfisher.jpg
    kingfisher.jpg
    67.2 KB · Views: 233
Top