BOOT KOOP

snorre

New member
Wel my ou Huisdierbaarste het my met Bauwer pan oor die kop geMMMM-slaan. (arme pan gebuig onherstelbaar ...en sy is nog steeds boos)

Net omdat ek die mal idee gekry het om vir my 'n tjoppie en eierklitser te kry.

Ek soek dus raad asb. het die forum begin lees maar daar is so baie geskryf en nou is ek deur mekaar

Ek be-oog om "n 4-6 meter rubber duck met een motor (50-90) op aan te skaf. Ek wil die ding see toe vat....weskus se langebaan sommer hier rondom Gordonsbaai dalk Dassen eiland besoek Robben eiland net kyk...vir ou vissie of twee.

Nou is die probleem ek weet ek moet "skieppers" licence kry maar watter een sal voldoende wees.

Sal 'n 4 tot 5 meter duck die ding kan doen?

Die volgende vraag gaan wees radio's wat gaan nodig wees ens.
En oja.....iewers waar ek 'n handellaar kankry wie ek met my lewe kan vertrou.

by voorbaat dank ....
Gert
 

Meester606

New member
ek beoog self om so iets te doen die jaar om so n dryf dingetjie te kry...ek sal nogal like as iemand ons biethjie meer details te kan gee oor dit, dat ek self kan weet waar om te begin met wat.::tight:
 
Hi

Ek kan so bietjie help. Ek is nie die grootste fan van rubber ducks nie maar dis meer 'n persoonlike ding, ander mense love dit weer.

Vraag 1

1 motor word beperk tot 5NM dan het jy 'n CAT D skippers nodig.

2motors 15NM en dan later 40NM - Skipper CAT C en dan later CAT B

Daar is verkeie mense wat kursese aanbied, ongelukkig weet ek nie veel van die kaap omgewing nie

 Vraag 2

Radio is nou VHF waarvoor jy n lisensie nodig het, dus 'n kort kurses. (op die forum is baie inlugting daaroor)

Daar is verkille in die veiligheid toerustig wat nodig is vir verskeie katogoriee. (eks nie seker presies wat nie).

Hoop dit help darm so bietjie
 
Dis nou nie 'n duck nie, maar my pa se boot is te koop. Baie lekker boot vir bottom fishing en om te troll/spin vir geelstert.

Dis 'n Supercat 520 wat deur Kamassi gebou is: https://www.gumtree.co.za/a-boats-watercraft-boats-jet-skis/western-cape-northern-suburbs-durbanville/2012-super-cat-520cc-with-2-x-60hp-mercury-four-stroke-engines-on-trailer/1001876119330910883400609?activateStatus=adEdited
 

ChalkCheese

New member
Ek het onlangs my skippers & radio kursus gedoen na ek 'n 4.7m semi-rigid gekoop het.

Soos Stephan genoem het, met 1 motor is jy beperk tot 5NM maar daar bestaan nie meer Category D skippers nie so jy sal direk Cat C moet doen wat 15NM is. Om dit te kan doen moet jy see ure "log" op 'n Cat C boot wat 'n Cat C skipper moet afteken (ek dink dis 25 ure).

Dan moet jy vir die radio 'n short range kursus doen (SRC) wat eintlik maklik en interresant is.

Ek het in die begin eers my Cat E skippers gedoen en gedink dit sal voldoende wees maar vir Robben, Dassen ens. is dit nie want jy is tot 1nm beperk so ek stel voor jy doen sommer direk Cat C.

Ek het alles by Pieter Welgemoed in Gordonsbaai gedoen. Laat weet my as jy sy nommer wil he.
 

snorre

New member
ravingDIODE wrote:
Dis nou nie 'n duck nie, maar my pa se boot is te koop. Baie lekker boot vir bottom fishing en om te troll/spin vir geelstert.

Dis 'n Supercat 520 wat deur Kamassi gebou is: https://www.gumtree.co.za/a-boats-watercraft-boats-jet-skis/western-cape-northern-suburbs-durbanville/2012-super-cat-520cc-with-2-x-60hp-mercury-four-stroke-engines-on-trailer/1001876119330910883400609?activateStatus=adEdited


Joeg swaarrie as ek daai ene moet koop slaap eet werk enkerk in hom .....sal nooi uit klim nie want dan klim ek in my plank pj's in vrou m 03 r my dood.
That boat is only a dream for me.....dis regtig mooi boot
 
Top