@ rofflign
Verskoon my, maar ek gaan nou in afrikaans verduidelik. Verwys na die aangehegte foto (jammer vir die gehalte, vanaf die intenet gesteel). Die bewerige lyne is Olaf se skuld.
Breek af die kop en gooi vir die kat
Rooi Lyn - Begin by die stert aan die pens kant, en sny met 'n lekker skerp mes net-net weg van die rand in die vleis na die voorkant totdat jy by die poepoltjie kom, daar verander jy jou snylyn amper tot teen aan die graat tot jy voor by die afgebreekte kop uit is. Dit is sodat jy in hierdie snit die pens & derms alles uitsny & weggooi, weereens vir die kat.
Blou lyn - sny die ruggraat uit vanaf die stert tot by die kop uit, weereens sny jy basies net die velletjie weg wat die twee heltes verbind.
Nou sit jy met 'n bokkom waarvan die die kante, pens & derms afgesny is.
Vat nou die mes & lig die vel aan die kop se kant en trek dit van die vleis af, trek af totdat dit by die stert afbreek. (albei kante), die kat is nou al redelik mal en is besig om jou voet aan te val vir aandag!
Sny die stertjie af.
Nou het jy jou skoon stukkie bokkom.
Van hier af het jy 'n Windhoek Lager nodig, maar nou gebruik jy jou tande om die twee helftes vanaf die graat te eet.
As die bokkom reg is sal die twee helftes sommer maklik loskom vanaf die graat.
As jy klaar is & die graat is oor, moenie van die kat vergeet nie!