Bloemhofdam Bonanza 2010

Droomvanger

Senior Member
Die Bloemhofdam Bonanza 2010 is verby en was 'n groot sukses. Dankie aan almal wat daar was. Die organiseerders probeer altyd verbeter op die reëls waar ons kan. Graag hoor ons van die deelnemers wat hulle mening is tov twee reëls:
  • Plekhou vir laatkommers. Die huidige reël is dat jy plek mag hou vir soveel mense as wat voor hengelkaartjies het. Die motivering hiervoor is dat maats graag bymekaar wil sit en almal nie op dieselfde tyd kan arriveer nie.
    [/*]
  • Kanos en aasbote word toegelaat. Aasbote met outboards en trollingmotors word nie toegelaat nie. Moet ons laasgenoemde aasbote vir oewerhengelaars toelaat?  [/*]
Wat sê julle as deelnemers wat daar was?
 

Skuimkop

Sealiner
Ek dink dis 'n goeie ding dat jy kan plek hou vir jou maats maar ek sal net voorstel dat julle 'n tipe Bloemhof Bonanza lint daar vir die mense verkoop aanbied (of iets in daai lyn) dat die ouens hulle vriende se staan plekke kan afkamp om onsmaaklike gevalle te probeer vermy. Die ou wat dan eerste daar is of die plek vir die ander ouens wil hou moet dan almal wat daar gaan kamp se kaartjies by hom hê en dit wys voor hy die lint kan koop.

Ek sal ook game wees as hulle aasbote toelaat met trol motors maar slegs om jou aas uit te vat en nie om van af te vang nie. Ek weet net nie hoe 'n ou dit gaan kan beheer en kontroleer nie.

 

Maar net my zim $.
 

Sharky2

Senior Member
n mens moet kan plek hou maar dit moet verseker beter gekontrolleer word,party ouens hou net soveel plek as wat hulle wil.soos gese is verkoop n tape by die hek as jy jou kaartjies koop,vir elke kaartjie kry jy n seker hoeveelheid meter tape.

aasbote,kanoe's werk goed.as dit n trolling motor het is dit ook reg.daar moet net gespesifiseer word laat dit n elektriese motor moet wees.wil nou nie he manne moet hulle ase invat met petrol motors nie.

Verder dink ek die kompetisie is 100% soos hy is.
 

Mazdadrifter

New member
Ek dink Sharky2 is reg met die voorstel dat jy net ±5m lint per kaartjie kry wat jy kan toon of koop. Daar is mense wat 50m afkamp en hulle is 3 ouens wat hengel.
Wat van ons ander ouens wat 'n dag later opdaag soos die Dinsdag of Woensdag en dan moet ons baie ver ry om staanplek te kry. Ons almal betaal baie geld vir die paar dae daar en ek voel dis onregverdig dat ons nie kan sit waar ons wil nie omdat ons nie al 2 weke voor die tyd daar kan wees nie.
Aasbote en kanoe's is reg. Die manne moet net vasgevat word wat in die nag met kanoe's uitgaan.
 

Sharky2

Senior Member
mazdadrifter,hoekom se jy die manne moet vasgevat word wat met kanoe's uitgaan in die nag?dis die beste tyd om te vang.ek weet dis gevaarlik,maar die ouens doen dit tog op eie risiko.
 

Mazdadrifter

New member
Daardie ouens ry bo-oor ons lyne sonder ligte en life-jackets en as jy hom konfronteer dan wil hy bolle rol.

Dis onveilig in die nag. Daar is ook bote wat in die nag dalk kant toe ry en as jy met 'n kanoe ry en geen ligte het nie kan dit 'n lelike storie afgee.
Ek was een van die wat net voor sononder wou aas invat en ek moes amper kant toe swem(en dit was nog lig genoeg om my raak te sien).
 

Sharky2

Senior Member
Ek verstaan wat jy se en ek stem saam.ek het n lig in my merker en n lig op die oewer wat rooi flits om te sien waar my kamp is.onthou die bote mag glad nie rondry in die aand nie,hulle moet geanker wees.
Ek weet net ek sal volgende jaar weer by die bonanza wees en ek kan nie wag nie.
 

Mazdadrifter

New member
Ek verstaan dat die bote nie mag rondry nie maar daar is maar mense wat dit doen. Daar kan ook 'n noodgeval wees en dan kan dit dalk my of jou einde beteken.

Ons sal weer volgende jaar ook daar wees.
 
Top