Hallo Freek
Jammer ek het jou laaste mail gemis. Ek het Vrydag ongeveer 9 uur daar aangekom.
Ek het probeer wegkruip by die eiland vir die wind. Vrydag het dit gewerk toe ons gaan voer het. Saterdag was egter 'n lekker riller. Die water was soos die see se branders op sommige plekke. Die koue het ook diep in jou spiere gekruip. So 6h30 was ons op ons eerste voer plek. Die visse het dadelik goed begin byt tot my verbasing. Die wind rigting het gedraai wat dit n nagmerrie gemaak het. Rukke was die vis stil. Overall het dit nie sleg gegaan nie. Ons het probeer vir babers maar kon nie een kry nie. Ons gebruik net kuikens vir aas.
Ek en my twee seuns het 84 karpe wat totaal 178kG saam gevang van tussen 6h30 en 15h00. Ons is maar nuut in die light tackle boot game. Die gemoedere loop maar soms hoog met die 6 stokke op die boot. Soms koek lyne, lyne breek af en soms is iemand net in die pad.
Sondag oggend het ons net vir die plesier weer gaan vang. Die wind was stil by die launch maar by die voerplek was dit n nagmerrie. So 10 uur het ons opgepak teryl die vis lekker gebyt het.
Ek sal die klub punte deurgee sodat ek dit kry. Die senior manne het in die omgewing van 125kg vis gekry met 2 stokke.
Die verblyf raak egter 'n probleem as jy nie wil kamp nie. Die slaap plekke is nou al R900 per nag vir 4 mense wat dit duur begin maak.
Die meeste manne het maar kuikens en hier en daar 'n plattie gebruik vir babers. Almal gebruik maar flotties en deeg vir die karp. By my het enige flottie gewerk sonder deeg.