Bloemhof Dam

Corlic

New member
Hi,

Kan julle my asseblief raad gee oor waar by Bloemhof om te gaan hengel. Ek wil spesifiek karp en baber target vir 'n lang naweek aan die einde van November.

Ek het die dame by Die Hoek gebel, en die Chalets is R120 per persoon per aand, wat glad nie sleg is nie - maar hoe is die visvang daar? Ek het al baie gehoor van babers by Die Hoek, maar nie juis karp nie.

Dit hoef nie 'n chalet te wees, sal ook kamp as dit nodig is - solank die visvang by die kamp gronde baie beter behoort te wees as by Die Hoek.

Nie so seer gepla oor baits, dieptes, etc... nie. Daaroor het ek baie inligting spesifiek vir Bloemhof.
 

craig54

Senior Member
Corlic , ek is geensins a pro op Bleomhof nie , maar wat ek al gehoor het .Sal jy beter af wees by Sandveld om Karp en Barber te teiken. Hulle se die eerste 200m van die brug af is die beste.

De Hoek is glo n beter Baber venue as Karp.

Stywe lyne en sterkte ou maat

 

My 9 en half Zim $$$

 
 

Sharky2

Senior Member
Ek ry vandag bloemhof toe tot sondag,gaan aan natuurreservaat se kant sit.Almal se dis die beste langs die brug maar glo my jy gaan nooit daar plek kry nie,ek was seker al so 7 keer by bloemhof en dis altyd vol daar.ek begin dink mense van die dorp bly sommer daar.
Bloemhof is altyd n goeie dam,die geheim is maar voer om die vis na jou spot toe te lok.
 

TimJan

Sealiner
Sharky2 kan jy asb my laat weet wat aangaan by sandveld. Ek ry volgende week sondag vir n week sandveld toe. So enige informasie sal waardeur word. Sterkte
 

TimJan

Sealiner
Sharky2 kan jy asb my laat weet wat aangaan by sandveld. Ek ry volgende week sondag vir n week sandveld toe. So enige informasie sal waardeur word. Sterkte

Sorry vir die hijack.
 

Sharky2

Senior Member
TimJan wrote:
Sharky2 kan jy asb my laat weet wat aangaan by sandveld. Ek ry volgende week sondag vir n week sandveld toe. So enige informasie sal waardeur word. Sterkte

Sorry vir die hijack.
Timjan,ek gaan ongelukkig nie by sandveld vang nie.
Ons gaan natuurresrvaat toe,nog altyd beter daar gevang en dis altyd lekker om na die wild te kyk as ek by die dam is,voel ek in die wildtuin is terwyl en visvang.
 

Naruto

Sealiner
Ons was so ruk terug by Natuur en by Die hoek. Probeer maar so na as moontlik aan die brug sit by Natuur. Daar is stands met kragpunte, maar jy sal moer bespreek vir een van daai. Beste spots glo ek. Ons het baie ver links gesit en met die dam wat nie heeltemaal vol is nie was die water aan daai kant baie vlak. Moes 80m inloop om te cast. So toets eers die water voor jul begin afpak...lol!!! Die Hoek sal my verseker weer sien. Baie lekker plek. Karp was min, maar ek glo dis omdat dit spawn tyd was. Sterkte en geniet dit!
 

Corlic

New member
Thanks Naruto,

Het dieselfde gehoor dat die water huidig baie laag is, en dit maak die dam self nogals moeilik. Die hoek behoort konstant te wees omdat dit nog deel is van die rivier.

Ek dink ek is redilik oortuig om vir my eerste trip Bloemhof toe, na Die Hoek toe te gan, tensy iemand hier op die forum beter informasie het oor die verskillende venues. Baie ouens se daar is verskriklik baie babers by Die Hoek, maar ek wil juis 'n paar bul babers probeer vang.

Ek glo ook dat as daar so baie babers daar is, dan sal daar groot karps ook daar rond swem. Die kleiner karpies sal maar skaars wees want hulle word op jag gemaak deur die babers - so spesie hengel tegnieke behoort goed gepas te wees vir Die Hoek. Miskien nou nie massiewe karps nie, maar ek is baie lus vir 'n hoe tempo sessie met karps in die 4 tot 8 kg klas - en ek glo ons sal dit kan reg kry daar.

 
 

TimJan

Sealiner
Ons was laas jaar oktober by sandveld en die karp en baber was mal gewees. Teen 11 uur die oggend het ek al opgehou visvang want jy kry nie tyd om te sit met een stok nie. In die aand van so 8 uur af het die babers weer mal gegaan. As jy 3 stokke in die water gehad het het jy 3 reel runs gehad binne 5 min. Almal so 8 kg. die karps was almal tussen 2 en 3 kg.
 

connas

New member
@corlic

as jy carp wil teiken en redelike groot size carps sal ek die volgende deel aanbeveel op die bloemhof christiana pad is daar n afdraai na hertzogville toe soos jy britten toe ry as jy direk oor die brug ry is daar n afdraai op linkerkant die plek se naam is die oord (die lonte ) ek vang elke desember jaar daar maar wat ek al gesien het van monsters wat gevang word moet jy direk onder die brug staan en skuins gooi in die rivier in ek het eenkeer saam met een van my friende da oornag en hy het hulle lelik seer gemaak 5kg + ek was die aand da toe hy sy record van 5kg gebreek het elke jaar gaan voer ek op die selfde plek waar hy gevang het ma nog elke keer reen ek uit voor ek die groot een gevang het ek het al 3kg 4kg da gevang

groete connas
 

MnM

New member
Hey corlic

We fished sandveld for a weekend sometime last month. We fished about +-200m away from the bridge. The lines had to be taken with a boat. We caught quite a few carp in the 5kg range on koo meilies n brown bread dough. We dint fish for barbel but I know there are some really big ones around the area.
Hope it helps:)

Tight lines
 
Top