Bloemhof Babers raad

bapsfontein

Senior Member
Hi almal ek gaan van die 14 tot die 22 April Bloemhof toe vir die SA'S karp hengel gaan langs die rivier tuis en wil bietjie babers target weet daar is groot babers daar wat sal julle aan beveel aas gewys wat werk die beste....

Dankie
Jess
 

Skuimkop

Sealiner
As jy by die rivier gaan hengel is Platties 'n moet. Pak ook verseker dag ou kuikens in. Kyk of jy ander kleiner spesies met 'n dobber en erdwurm kan uit oorlê. Gebruik nou daai klein vissies as live bait. Ruk maar die heavy artillery uit vir die live bait. Gee die baber meer as genoeg kans om die live bait te sluk en jy sal weet wanner hy hom het. En onthou as die babers een keer by daai live bait was gaan hulle hom nie los totdat hulle hom gevreet het nie so wees geduldig.
 

Skuimkop

Sealiner
No problem en onthou om die geraas so min as moontlik te hou en geen lig oor die water in die aande nie. Jy sal baie mooi babers so behoort te kry en die tyd van die jaar is ook perfek.
 

Marthin

Sealiner
yip onderbek kop.... en dan oor die etiek weet ek nie, maar n lewendige vink.

Die grootste baber wat ek nog met my eie oe sien uitkom het net so 3km verder af was op n lewendige swaeltjie. Hy was half versuip, hom aangehaak en pa het gegooi met n penn jigmaster, 11ft seestok en .50 lyn.

45min later en baie bid, was hy op die kant. ek het werklik geskrik toe ek hom sien opkom uit die water. bek gelyk met my skouers het sy stert nog daai krulletjie gegee op die grond. Ek skat die vis nie onder 25kg nie, ek is 6vt4.

Ek het dieselfde dag slae gekry op n groot platanna onder n dobber langs die riete met .50 lyn... sommer net zzzzz bwah af is die lyn.
 

Skuimkop

Sealiner
Ek wonder hoekom muddy's so goed werk dan by Bloemhof. Die spesie is volgens my maar aan die skraal kant daar so en sal wil glo dat babers ander vis spesies sal target as stapel voedsel. Aai die baber hengel curve ball darem maar, lol.
 
Top