Bleeding Floats?

Longbow123

New member
More More Almal

Ekt die naweek gesien hoe manne met bleeding floats vang en vra hulle toe waar koop hulle dit.... Ek leer toe dat hulle dit self maak en dit bloei glo lange as die wat jy in die winkels koop ook....ek vra toe hoe maak hulle dit.... en dis toe waar hulle ophou met vriendelik wees....... :fbash

Hoe sal mens te werk gaan om die floats te maak en werk hulle werklik so goed?

Longbow
 
Naand Longbow,

wie was die nors manne?!

 

Om bleeding floats te maak is makliker as wat jy dink. Koop gewone plein wit floaties en gooi dit in 'n pastiek sak. Gooi dan so proppie of teelepel vol van die dip/geur saam in die sak, afhangende van hoeveel floaties jy wil geur en kleur. Blaas die saak op en hou hom toe en skud dan totdat al die floaties bedek is met dip. Gooi dan die kleur wat jy wil he die floaties mee moet "bloei" by, bv. floro/custard poeier/rooi poeier by.

Voila, jy het bleeding floats.

Die hele proses sal in die begin trial-and-error wees.

Laat weet die dag as jy by 'n klub wil aansluit, dan gaan jy baie leer. Ek kan jou in kontak bring met al die voorsitters van die klubs hier in die S-Kaap.

Voorspoed
 
Top