BIGGEST GALJOEN for the SEASON. v3

JasonF

Sealiner
Boepens gooi terug daai undersize vis........lol

Sal nie mind vir een of twee van daai outjies die naweek nie

.
 
Dreamer

Sealiner
rinex wrote:
BigBen wrote:
@Rinex

Jy ken mos die dinge al.Julle sit dan met al die tutorials.LoL

Practice jy danie

BB,nee wat ek wag maar nog so bietjie,Elf en Cob is nou op hulle peak.Dalk sal die weekend 'n mission doen,sal jou kontak.

Manne en mannene wie nog nie daai Galjoen-CD's het nie,PM gerus vir Kaspaas.

@ Dreamer ,i saw some nice holes yesterday at ..... so you will be in business going there.

@ Boepens thats a mean Gallie,strange how the big Gallie like to show ,out of season.Yes,foamy water,thats were they will feed.
:fswim

Ooo, stop it Rinex - you know I love it when people talk Gallie!! :fbash Hmm, I think I'm gonna go and make up some traces and do some strategising - it will keep my mind occupied so I can leave my nails alone...
 
stinkmossel

Sealiner
No offense, maar met Woensdag se 5m swelle, sal ek eerder n 45cm gallie verkies as 5 elwe van 35cm! Jy kan altyd n cobbie in die Aand target!!! Daai gaatjies gAan GATE word.
 
stinkmossel

Sealiner
Ek het die een gevang 2 seisoene terug in die eerste week v maart.
Vroooot rooi aas.
 
Attachments

  • 49cm%20gallie%20weskus.jpg
    49cm%20gallie%20weskus.jpg
    18.6 KB · Views: 305

Blaasop

Sealiner
Mooi vis daar, Stinkmossel. Ek het laasjaar 'n lesing by 'n local gekry oor vrot rooiaas. Rofweg was daar so 3 tipes, effens belee, goed ryp en laastens suur. Laasgenoemde moet ten alle koste vermy word.

Moenie dus dink dus elke stuk ou, vrot rooiaas is dus goed nie; aldus my mentor. Jou mening?
 
stinkmossel

Sealiner
100% reg. My maak partykeer sulke borreltjies, dis as hy in sy sous staan in die son. As jy jou rooi aas laat droog, dan sout jy dit en bere dit op n koel plek$ dis belangrik om dit te sout met growwe sout! Die aas sal ferm an taaierig wees na 3 dae.maar niks beat "vars" vrot rooi aas wat klaar n klankie het as jy dit uit die dop sny nie.
 
Blaasop

Sealiner
stinkmossel wrote:

Ek het laasjaar redelik vars aas huis toe gevat en elke dag afgespoel met skoon seewater. Dan hou dit ook redelik lank en raak nie sommer oornag vrot nie.  Persoonlik hou ek van hom sag met 'n baie sterk geur, maar nie noodwendig vrot nie.
 
stinkmossel

Sealiner
Nog n Ding, ek sien baie keer dat manne die nipples vd rooi aas gebruik.. Not good. Die vis sal gewoonlik eerste vd sagter deeltjies gaan en die taai stukke los. Net so met witmossel. Hulle verkies die dermpies eerstem dis hoekom dit belangrik is hoE jy jou aas bind. Jy moet die vis vorseer om op die hoek punt te voer. Bind die ton van die mossel styf om die hoek shank, en los die sagte derms los oor die hoek punt. Jy sal voel die tap~tap~BANG! Niks beat dit nie.n mens leer dit maar oor tyd. Jou sukses rate sal opgaan as jy jou aas reg bind.
 
Blaasop

Sealiner
Ja, tieties werk nie goed nie. Ek is altyd bly as ek op 'n sandkop afkom wat so 2/3 dae uitgespoel is. Die koppies is lekker uitgeswel en as jy hom sny, val die vleis sommer uit. Op sy beste, in my opinie. Kolstert en groot witstomp is net so gek na hom.
 
stinkmossel

Sealiner
Nog n asie wat niemand gebruik nie is.... Poedingwurm. N skoon water asie, langer stroppie.. Met laas jaar se ssec gallie session, het n weskus gallie my pak gegee. Eerste gooi met poeding wurm tussen die bamboes, 8 of 9 trEe van my af. BANG! Niks pik pik nie! En d hoek trek toe oop.
 
stinkmossel

Sealiner
Blaasop wrote:
Ja, tieties werk nie goed nie. Ek is altyd bly as ek op 'n sandkop afkom wat so 2/3 dae uitgespoel is. Die koppies is lekker uitgeswel en as jy hom sny, val die vleis sommer uit. Op sy beste, in my opinie. Kolstert en groot witstomp is net so gek na hom.

Ek het laas seisoen n paar mooi stompe op rooiaas gevang. Tot hulle pense was vol rooiaas en klein mosseltjies
 
Hier's so een of twee sloepies wat, as die suidewind 'n dag of twee gewaai het, jy die witstompe onder 'n wip kan vang met rooiaas.
 
Top