@Naruto, waneer laas was jy by Biermans? Ek self was jare laas daar. Is Jim Fouche weer oop?
Jorrie, dis 'n redelike groot oewer daai. Ons het een jaar 'n Trans-Natal daar gehengel, so dit sluit AL die spanne van Gauteng en KZN in. Jy sal langer as 'n dag daar moet spandeer om al die spots te dek. Die vlakker water is soos jy inkom by die plaashuis. Volgens my is die beter water verder aan by die bome (wat 'n eiland word as die dam vol is) of heeltemal regs om tot aan die agterkant van die plaas. Die bome is nader aan die rivierloop. So jy verstaan dat hulle julle enige plek kan pen.
BLYPLEK: Ek het so tussen deur gehoor dat Jim Fouche intussen weer oop gemaak het, maar dit is aan-af. Dan weer toe, dan weer oop. Dit is die naaste verblyf aan Biermans, skaars 'n paar kilometer. Andersins 'n gastehuis in Oranjeville.