Hallou
As ek by Blakes in die Strand spin begin ek altyd deur n plug of oppervlak popper te gooi met die hoop dat ek n mooi leerie haak. Sodra die seemeeue egter begin lastig raak, skakel ek oor na my gunsteling Storm Flutterstick. Vir een of ander rede kan die jong elfies en (Breederivier) leeries hom nie weerstaan nie. My Storm Flutterstick is by verre die beste kunsaas in my arsenaal.
Ek het ook weer n paar klein Kingfisher Cutback lepeltjies aangeskaf vir Blakes se elfies en leeries. Het die treble hoek met n enkelhoek vervang om skade aan die vissies asook n gevassittery te minimeer. Ek gaan met hierdie lepeltjies probeer om by Harbour Island n elf of kobbie aan te keer.
So watse kunsaas werk vir julle by Blakes of in die Gordonsbaai/Strand area? Fotos van julle gunsteling kunsaas of vangste daarop is baie welkom.
Groete