Bepaal van hengel afstand mbv karp lippe?

Skuimkop

Sealiner
Ek haal aan uit 'n artikel in die nuwe Stywe Lyne op bl 64.
"Gewoonlik is die karpe wat vlakker vreet sulke lekker diklipkarpe terwyl dié wat diep vreet weer dunner lippe het. Dieper water het gewoonlik sagter, modderige bodems terwyl vlakker bodems harder is, wat die lipvorming van die vis beïnvloed."
&
"Karpe kom ook gewoonlik in skole voor en as jy een opmerk kan jy vir seker weet dat daar meer in die omgewing sal wees."

Nou baie van ons ouens weet bogenoemde alreeds maar hoeveel van ons bepaal ons hengel diepte met die hulp van die visse se lip dikte?

Laat ek verduidelik: 'n Vis wat se lippe so dik is moet mos dan gereeld en baie van sy leeftyd vlak vreet om so die dikker lippe te kry en as hulle in skole swem sal baie ander karpe dan mos dik lippe ook hê. So stel nou voor jy sukkel om die vis diep te kry en jy trek een uit met dik lippe sal dit dan 'n goeie calculated risk wees om dan van voor af vir jou 'n kol vlak te begin maak en dit van daaraf te vat en natuurlik sal dit ook visa versa werk, of hoe?

Wat is julle opinie?
 

Skuimkop

Sealiner
Ek het bietjie my mooi vangs Karpe van verskillende venues van die afgelope jaar of twee bymekaar gaan sit en dit maak nogal vir interesante leesstof.

Let op die verskillende lippe van die Karps wat op verskillende bodems gevang was. Even daai klein 1.2 kg karpie wat op 'n grys of klipperige bodem gevang is se lippe is grootter as van die Karps in die 6 kg + klas wat op sand bodems gevang is.


Die Karpe in die geel blok is almal by grys of klipperige bodem damme gevang en die in die blou blok by sanderige bodem damme.
 

Attachments

  • Lippe Master.JPG
    Lippe Master.JPG
    73.8 KB · Views: 161

Hemelbesem

New member
Wonder of daar klasseverskille in ons damme voorkom? Die dunlippe wat diep bly op die lekker sagte bodem en die arme diklippe wat vlak bly op die harde bodem.
 

Enigma

Moderator
I can't agree to this because carp are schooling fish and travel large areas while searching for food and if their food source is on rocks in deep water (or gravel beds) they will have thick lips.  That is if the majority of their grazing is done on the gravel.

Now if you catch the same fish in a shallow area on sand or silt then the story doesnt add up because the fish was caught shallow and on sand and not gravel.

Thick lips would indicate that the fish feed primarily over gravel and rocky bottoms.

Thin softer lips indicate that they feed on soft bottoms but not necessarily an indicator of how deep they are in the dam.  Unless of course you know exactly where those feeding beds are.

It may hold true for those particular dams that the writer was refering to.
 

Skuimkop

Sealiner
Enigma ek is geneig om saam met jou te stem na ek bietjie daaroor gaan dink het maar ek het toe met die volgende vraag opgekom: Jy sal mos dan kan bepaal (of ten minste in 'n groot mate) watse tipe aas die Karps gaan verkies as jy bv 'n Karp met dik lippe vang kan jy mos redelik veilig aanneem dat hulle meer op die bodems vreet en jy kan dus gebruik maak van mielies, SWD, tigernuts ens wat op die bodem sal lê in plaas van jou floaties. Daar teenoor (spesie hengel) kan jy mos ook aanneem dat damme met sand bodems wat groot Karps (met dun lippe) in het op sagter ase soos giant Kaboem mielies ens sal byt en nie die harde tigernuts en boilies sal verkies nie.

Sit ek die pot hier mis?
 

Enigma

Moderator
I believe you're on the nail there but what I have found is that Carp are Carp.  No matter where you catch them Eu, USA, Australia or Africa.  They eat and they enjoy eating and that's why they get so big and fat.

So if you feed enough and enough over a period of at least 3 days they will be in numbers enough to eat whatever you put on the table for them.

I have found that Carp with thick rubbery lips are normally a lot stronger than the thin lipped variety.  They feed on mussels, crabs, snails etc.   This means that they have a higher protein diet and are generally stronger than the "Herbivorous types"

BTE I've only got 1 x Jade Axe  in stock and am waiting for a reply on my next shipment.  Been hell with the Tpt strike now followed by the WC for which all flights are filled to capacity
 

Wernerbloem

New member
Skuimkop en Enigma, nou het ek ook n vraag, meskien is dit n dom vraag maar se nou ek identifiseer dat die visse wat ek land meeste dun lippe het sal dit my hoek keuse enigsins beinvloed bv dun lippe en n klein hoek kom soos n 0.8 diachi kan die risiko van vis wat afkom verhoog of sal die hoek tipe geen rol speel nie.
 

Enigma

Moderator
When you catch fish off of gravel and rocks they have thick, thick orange lips that are tough and rubbery.

Normally works the other way around. Thick rubbery lips and you get a fantastic hookset with a small hook and the lip doesn't tear or get cut by the small hook

Tin lips need a bit bigger hook so it can set in the scissors or around the jaw.

90% of carp you catch will have the thinner lips as they prefer to feed in soft silt, sand as that's where their favourite foods are.

Normally only in dams such as Kwaggaskloof or Bospoort where there is a lot of gravel and shale that you find the thicker lips. Cant say I have ever caught carp with thick lips in the Vaaldam but in the Vaal river there are p[lenty areas where you get them, for example Vaalban below the Vaal Dam wall
 
Just to add a little here. It does not hold true that rocky/hard bottoms are exclusively found in shallow water, and vice versa. There are areas like Boschkop and Bossieslaagte (opposite Ardenza) that have rocky/hard bottom areas quite shallow, but then there are areas that have very silted areas quite shallow.
Just my 2bob.
 

KarpKing

New member
Ek dink ek het 'n beter oplossing tot die hele vlak en diep storie, in meeste gevalle is 'n karp wat diep water bly en voer baie ligter van kleur amper vaal. 'n carp wat baie bo rond voer en in vlak water voer is gewoonlik baie meer helder daai karpgoud kleur. is ek reg? soo as my idee reg is dan as jy 'n karp kry wat helder is en dik lippe dan is die water baie skoon of hy is amper altyd in vlak water. reg of verkeerd? ek vat nou 'n long shot mar kan dit waar wees?
 

Vleipadda

Senior Member
Ek stem saam met karpking , ek het dit ook al opgelet carp wat in helder water voorkom is n donkerder kleur as die wat in water voorkom wat so effe modderig is
 
Top