behaving patheticly

mornin gents
yesterday morning planned a nice mid week fishing session
wife and myself were looking forward to it for some time got to meerhof set for a great day
THATS JUST WHERE IT ENDED
a group of youngsters arrived set up there swim next to ours
it started language that made me feel like i wished there was a hole i could dive into no regard for my wife
they then started rigging there rods decided the line they had on wasnt any good so the line got chucked into the wind till it tangled round my gazebo
when i thought i had seen and heard it all a chap grabs a axe
and starts chopping up the logs planted to mark the camping sites great for fire wood he says
beer bottles tossed into the water this is wrong felt like taking my fishing pegs and making there canoe holy
atleast the fish was interested in what we were hrowing at them
 

Bruggie

Sealiner
This is a sad sad story.But unfortunatelly this will always happen as you get people that will always behave like this!!!
 

Wernerbloem

New member
Ja nee ek het al self met sulke damduikers te doen gehad, die beste raad wat ek kan gee is dat sulke mense vroeg vroeg op hulle plek gesit moet word anders bederf hulle almal se naweek langs die water.
 

CARP1

Sealiner
En gewoonlik is hulle in 'n bleddie groep en jy is net 1 of 2.Dit help nie om hulle te beduie nie.Hulle word net aggressief en as jy nie self in 'n groep is nie kan dit dalk lelik raak.
 

Kosie

New member
Dis tyd dat hulle alkohol verban langs die water, of sekere plekker in elkgeval, imagine net n plekkie of twee waar alkohol verbied word, hemel op aarde!
 

Skuimkop

Sealiner
Presies dieselfde het verlede naweek blykbaar by Avante gebeur. Gesuipte kinders, klip harde musiek, gevloek en geskel, bottels wat gebreek word en later blykbaar op die pool tafels gedans. Daar is ook latte die girls se badkamers in en ek dink ons almal weet vir wat want hulle het teen die saal se mure ge'p'.

Na iemand gaan kla het hieroor en oom Jan meer info van die ander kampers gekry het, het hy hulle gevra om die perseël te verlaat. Met 'n gevloek en geskel en die patetiese dreigement dat hulle hul pappie wat 'n metro cop is gaan bel het hulle toe opgepak. Hulle het toe by die kantoor gaan stop waar daar seker nog woorde geval het en die klomp ry toe tot voor een van die huise. Toe oom Jan hulle weer nader het een van die klein @#$% hom met 'n bier raak gegooi. 'n Laaitie het glo gesê oom Jan is te groot vir sy skoene.

'n Kort rukkie daarna het die ouers toe wel daar opgedaag en oom Jan en al die mans in die kamp beskuldig dat hulle glo die kinders almal wou aanrand. Hulle geld is terug gegee en daar is vir hulle gesê hy soek hulle nooit weer daar nie.

Dit beteken seker dat daai venue nou uit is vir enige iemand wat nog nooit daar was nie of nie vir oom Jan ken nie.

 

Nou vra ek jou, hoe kan daai pateet die reg laat geskiet as hy nie eens sy kinders ordentlik kon groot maak en intoom hou nie. Seker nog 'n korupte bl!ks#m.
 

Bottie

Member
Ken ons dit nie. Ek was ook jonk, al glo die kinders nie, maar ek wil nog n radio by n ou indruk en die volume oopdraai om al die st.... uit hul koppe uit te blaas. Dit neem my n maand om Mammie te oortuig om in die stof by die dam te sit, en 5 min. vir n windgat om my dag te bederf. Ek is al interresante name genoem.
 

CARP1

Sealiner
Feite,Oom Bottie.Ons was 'n paar jaar terug Wilgedraai toe vir paasnaweek.Die plek was gepak gewees,maar almal was rustig en het lekker kampeer.Totdat daar so 12 jong snotneusies langs ons kom inval het.

Kyk,eks enige tyd game vir lag en gesels,maar as ek nou vir 'n 6 jarige dogtertjie moet begin verduidelik wat "posduif" en "boks" nou eintlik beteken raak ek sommer warm onder die kraag.Natuurlik vee hulle hul agterente af aan almal rondom hulle.

Die volgende oggend laai hulle 'n paar kaste bier in die 2 bote,jaag in die dam in,en ry oor 'n 12 jarige dogtertjie wat van haar ski's afgeval het.Ons het net die helikopter gesien land by die oord-gedeelte.

Die aand sit hulle om die vuur en lag en suip en vloek asof niks gebeur het nie.Hulle ouers was die volgende dag daar en hulle is toe weg.Die storie was oral in die koerante gewees.Die dogtertjie was 'n provinsiale swemmer gewees,maar deur hul gesuip het hulle haar moontlike toekoms ge-ruineer.
 

Brakkanjan

Senior Member
Ek het verskeie kere al gekyk of ek die verste plek kan kry om te hengel, weg van enige persone, want ek is oor die algemeen 'n moeilike mens-probeer enige konflik vermy want dit spoil jou dag.Een van die hoof redes hoekom ek al hoe meer probeer om privaat gronde te hengel en weg te beweeg van oorde. (Maar 'n oord is tog lekker op sy manier).'n Biertjie is lekker maar as jy wil suip gaan suip by jou huis.

Ek glo die oord of plek se eienaar/opsigter/bestuur het verseker 'n verantwoordelikheid teenoor sy mense wat hulle gedra daar en ongewenste elemente uit te hou.

Daai "Reg van Toegang" bord het baie waarde......
 

CARP1

Sealiner
Dis feite daai,Brak.Damduikers is ook verantwoordelik dat daar al hoe minder privaatgrond is wat hengel toelaat.

 
 

Brakkanjan

Senior Member
Ek is ook nie skaam om 'n Opsigter of Eienaar te skakel nie, kyk ek is nou nie soos 'n klikbek op skool nie maar dis deel van sy werk glo ek.

Ek hou nie daarvan om self oor te stap nie.....Meeste van ons ouens wat dit gedoen het weet ook dan hoekom.

Pak ek eerder op en gaan huis toe.
 

Jafta1

Senior Member
Baie snaaks dat dit by Meerhof gebeur het want hulle is gewoonlik baie streng. Het voorheen ook so probleem ervaar en het net na die hek gegaan en daar gaan kla. Die persone is vinnig daar verwyder! Ongelukkig dink ek dat ons net saam moet staan as so iets gebeur of andersins moet die eienaar net gekontak word.
 

Kosie

New member
Ja ek dink n "un written rule" tussen hengelaars om mekaar uit te help teen dam duikers is wat nodig is, as ons nie gaan begin saam staan langs die waters nie gaan ons dit dalk verloor as ek die storie so kyk, want ek hoor nie juis van venues wat beter en beter word nie??? eK hoor deesdae net van venues wat agteruit gaan agv die blerry dam duikers. Wat is SAPS se beluid teen ouens wat so suip in die publiek of is dit nie in die publiek nie?
 

Vleipadda

Senior Member
Nie om snaaks te wees nie maar ek nutig soms 'n biertjie of 6 langs die water maar julle kan maar vir Skuimpie vra ek pla nie sal kom groet en dag se maar dit is dit. Om 6 "dumpies" oor 6-8 ure uitdrink maak jou nie 'n damduiker nie dis net lafenis . Ongelukkig is daar diegene wat 6 biere in 'n uur uitdrink en dis die probleem gevalle
 

Bottie

Member
Kosie wrote:
Ja ek dink n "un written rule" tussen hengelaars om mekaar uit te help teen dam duikers is wat nodig is, as ons nie gaan begin saam staan langs die waters nie gaan ons dit dalk verloor as ek die storie so kyk, want ek hoor nie juis van venues wat beter en beter word nie??? eK hoor deesdae net van venues wat agteruit gaan agv die blerry dam duikers. Wat is SAPS se beluid teen ouens wat so suip in die publiek of is dit nie in die publiek nie?
Kosie, die probleem is ,hier by ons, dis privaat,of puklieke grond. As jy betaal het, mag jy daar wees, te mo..r met die res van ons ouens wat ons holle af betaal vir redelike hengelgerei. So as julle ouens in die koerante lees van n tronkspysenier wat iemand in KZN tydens n SHARKS wedstryd verdrink het, dit sal ek wees.
 

Bottie

Member
Sorry, I just saw that I spelt something wrong in my previous post.

Why can we not start a gang, one at every fishing venue, that can scare the livng sh.daylights out of these potential crims. Eish, that is infringing on their rights. Sorry, come over, and take my car. Ek is nou gatvol.
 

Skuimkop

Sealiner
julle kan maar vir Skuimpie vra ek pla nie sal kom groet en dag se maar dit is dit.
Vleipadda wat my vies gemaak het daai dag is dat jy ons niks geoffer het nie. lol hehehe. Nee ek terg sommer.

Die ding is ons manne is mos nie dom nie en kan mos sien as 'n ou even met 'n bier in die hand ordentlik is of hom later gaan wan gedra. Ek dink 'n ou moet die storie ontlont nog voor hulle begin suip want jy gaan 'n dronk man niks vertel nie.
 

Bottie

Member
Skuimkop wrote:
julle kan maar vir Skuimpie vra ek pla nie sal kom groet en dag se maar dit is dit.
Vleipadda wat my vies gemaak het daai dag is dat jy ons niks geoffer het nie. lol hehehe. Nee ek terg sommer.

Die ding is ons manne is mos nie dom nie en kan mos sien as 'n ou even met 'n bier in die hand ordentlik is of hom later gaan wan gedra. Ek dink 'n ou moet die storie ontlont nog voor hulle begin suip want jy gaan 'n dronk man niks vertel nie.
Meneer skuim, het hy rerig nie n Hansa aangebied nie. Could be shot for that. Kyk manne, laat ons nou nie vir mekaar lieg nie, I am a party animal. If there is a party. If I gofishing, I go fish....ing. (Die vis willie byt hierrie.) Maar ek neem ander persone in ag. Kan hulle nie dieselfde doen vir ons nie.(Ek gaan nog eendag my gat wip, en dan gaan my squeeze my moet uitbail. Is dit die moeite werd?)
 
Top