Bass en Kurper in een dam?

BoikieLouw

New member
Ek vang gereeld in n plaasdam wat biekie groter is as n rugbyveld.Die Bass byt baie daar!As ek Kurper in die dam sit gaan die visse mekaar eet?
 

Simen

Sealiner
Dit hang af van hoe groot die kurpers is wat jy in die dam wil sit, ook hang dit af van hoe groot die baars in die dam is.

Die baars gaan die kurpers jag en vreet.

 Natuurlik nie as jy groot kurpers in die dam gaan sit nie, hulle jag net die grootte wat hulle kan eet

 
 

iggy

Sealiner
Simen wrote:
Dit hang af van hoe groot die kurpers is wat jy in die dam wil sit, ook hang dit af van hoe groot die baars in die dam is.

Die baars gaan die kurpers jag en vreet.

 Natuurlik nie as jy groot kurpers in die dam gaan sit nie, hulle jag net die grootte wat hulle kan eet

 
Yip soos Oom Simen sê, kurpers is Bass se gunsteling kos!
 
Soos Simen daar se, het vir jare op my oom se plaas gevang met altwee, probeer habitat skep waar nuwe vissies kan wegkom van die grotes, miskien paar stukke 'diamond mesh' gebruik en 'n hoek/inham van die dam so veilig maak. Klink na 'n lekker 'projekkie'
 

Unlimited

Sealiner
janee n paar groot kurpers in daai dam sdal self die kleiner bass ook eet... die bass gaan groter word omdat hulle baie van die off spring van die kurpers gaan eet... maar met goeie strukture in die dam kan altwee spesies gemaklik saam leef en mekaar se getalle in orde hou
 

BoikieLouw

New member
Dink julle ek moet die Kurpers vir eers in bewaring hou deur "Diamond Mesh" of net in die dam sit?Sal die Kurpers dan genoeg kos kry as hulle in bewaring gehou word?
 
Boikie,

Ek sou nie net gebruik nie, vis gaan verstrengel raak. My idee met die 'diamond mesh' is maar net sodat die klein vissies veilig kan weg kom van die grotes as daar nie baie struktuur in die dam is nie, of as jy die kanse vir vestiging van die spesie wil bevorder. Die vissies sal uit die aard van die saak deur die mesh kan swem as die area nie genoeg voedsel lewer nie. Plaas 'n foto van die dam, miskien help dit vir 'n paar insette. Daar is baie opsies, dink byvoorbeeld aan een van daardie draad swembaddens wat 'n paar keer gebruik word en dan weggemaak word, jy kan 'n paar bouy's aan so iets sit en hom plaas soos wat jy/vis van hou.
 
Top