barbel spot near PTA

gvdmerwe

New member
Ek het 2 weke terug by Eddie van Roodekopjes gaan Baber vang. Hy is by die damwal en ek vang net agter die damwal in die woelwaters. Moet nie eers dink om 2 stokke in te gooi - glo my - daar is nie tyd vir dit nie. Daar is groot Babers!!! ::S
 

Fanie

Sealiner
Hi Michael,

Al die damme in die omgewing het babers, en grotes ook. Sommige damme is maar net moeilik om te vang en as jy vir die grotes wil probeer is dit nog moeiliker. Elke dam se babers is anders, 'n verskillende temperament as jy wil en hengel anders.

Ek het al 2m babers in Roodeplaat en Harties gesien, maar deesdaye is die water so besoedel... en mens wil maar met die boot gaan om weg te kom van die besige oewers af.

Harties het steeds baie babers, as jy weet waar modderpunt was, ek het laas 'n swerm babers daar sien breek. Mens kry hulle steeds op die plons.

Roodeplaat se babers is moeilik, meestal kleintjies en jy moet baie saggies en versigtig vir hulle hengel.

Ek hengel nie Bon Accord nie so ek kan nie iets se daar nie. Rietvlei is baie moeilik, tensy jy tot by die voeleiland kan gooi ;-) hulle kook daar .

Roodekoppies se babers het my nog nooit beindruk nie. Die grootste wat ek nog daar gekry het was so 8kg.

Vaalkop (ek dink is nog steeds toe) is 'n goeie dam vir baber, so ook Rhenosterkop en Rust de Winter (duur), maar dis al weer 'n ent weg.

Daar is nog stillerige plekke in die Vaalrivier en in Vaaldam kry jy ook die babers as jy bietjie soek. Koppies dam is ook soms nogal warm.

As jy bietjie wil ry, Molitedi dam kan kookwater wees, Baberspan is ok, Bloemhof is goed, Gariep is treurig (water te koud) en die oranje rivier is natuurlik ook altyd goed.

Dis nou natuurlik nie al die damme nie, net wat so vinnig by my opgekom het.

Tog jammer SA het so min water.
 

michael grey

New member
Jy het iets gese van 'n voelieland by rietvlei..........waar is die voeleiland(dalk kan ek kitefish tot by die eiland)(as hulle dit toelaat en as dit wettig is maar sal ondersoek instel)weet jy of kitefishing wettig is in varswater groete
 

Fanie

Sealiner
Hi Michael,

As jy links om die dam ry tot waar jy nie mag verder gaan nie dan is dit nog 'n ent verby. Ek twyfel of jy met 'n vlieer daar sal uitkom, te veel struktuur tussen in.

Ek weet daarvan omdat ons die dam een keer op uitnodiging met die boot gehengel het, dit was om 'n opname te maak van of daar baars in die dam is. Mens vergeet nogal gou waarom jy eintlik op 'n plek is as iets anders meer aantreklik jou aandag aflei ;-) Gelukkig was daar geen baars nie en die dam is sederdien met ek dink dis kleinskub geelvis vingerlinge aangevul. Dis al 'n paar jaar terug, en hulle behoort teen die tyd al te begin broei het. Geelvis neem mos so 5 tot 7 jaar om volwassenheid te bereik.
 
Top