@Last
Member
Ek het die naweek bietjie by Nigel dam gaan hengel. Het anker gegooi op 'n plek maar na twee ure besluit om die ankers te lig en te probeer om babers te vang. Vat toe sommer 'n paar erdwurms en stop dit op die hoeke van my gly-rietvlei strop, so 10 meter gedrift toe vat die eerste baber! Vang toe drie agter mekaar. Het ongelukkig nie 'n kamera of selfoon byderhand gehad nie. Maar dit was groot pret.