baitrunner katrolle

Ponsterjonster

New member
Hi almal. Seker hierdie topic is al holrug gery maar ek sal waardeer as enige iemand my kan raad gee uit sy eie ervarings. Ek het 2 magnum sports wat ek nou uitsluitlik v baberhengel wil gebruik en ek moet nou v myself 2 ander katrolle aanskaf v karphengel. Elke 2e hengelwinkel wil een of ander onbekende maak baitrunner aan my afsmeer en ek ken dit nie. Ek weet Shimano word deur meeste provinsiale hengelaars gebruik maar dis vrek duur!

As iemand happy is met n goedkoper brand wat hy gebruik asb laat weet my! Sal waardeer word!
 

Chaotc99

New member
Kan altyd kyk na die okuma longbow 2 katrolle, maar as jy nie na die baitrunner spesifiek soek nie, kan jy altyd na die shimano alivio 10000 kyk, hulle vat so 500m 0.3 Lyn en hier kos hulle so R399.99 vir een.
 

wmpruis

New member
Ek het 'n stel Pioneer Baitrunners. Gebruik hulle al 'n jaar lank. EK het ook geskuif van Magnums af.

Die katrolle is nie die heel beste nie, velang die kwaliteit gevoel. Maar baie cheap so +-R200

As ek weer geld het sal ek Reguit gaan vir Shimano's.
 

Lerm

Member
FTB (fishing tackle brothers) het baie goeie baitrunners op die mark. Ek het self Shimano's en die kwaliteit van die FTB voel baie goed. Ek dink hulle retail ook omtrent vir so R300 stuk.


http://www.ftbfishing.com/wp-content/uploads/2012/09/XC.jpg
 

QDP

New member
Hi...Ek het 'n stel Conoflex Baitrunners gekoop in plaas van die Okuma Longbow 2's en is persoonlik baie bly oor daardie besluit....baie redes maar nou ja...

Ek het geen probleme nog met hulle nie en hulle gaan ook vir so R200 'n Katrol.

Op die einde van die dag gaan dit maar gaan oor watter vir jou gemaklik gaan wees(Gevoel, hantering ens.)

Sterkte.
 

DanieJK

New member
Naand.

Shimano's is dalk baie duurder maar op die einde van die dag koop jy 'n die katrolle as 'n beleging. Ek het shimano XT8000RA's en die gevoel en kwaliteid is maar net los hande beter as my Longbow II 650's.
Maar vir 'n katrol van R200 doen die Longbow's sy werk goed, in teendeel beter as sommige R400/500 katrolle op die mark.

Maar jy wil ook nie elke jaar of twee ander katrolle staan en koop nie, of hoe?
 

connas

New member
ja ek al gehoor van die longbows

ek gebruik maar tans carp caliburs br 50,s nie n sleg katrol nie eintlik lekker maar ek soek weer shimanos is maar die beste wat jy kan kry

ek moes di br50,s koop toe my shimanos gesteel was anders het ek nie in die liega gehengel nie toe moes ek maar hou plan maak

groetnis
connas
 
Top