Baberstok

HennieB

Sealiner
Ek wil vir my 'n baberstok koop, so 9-10ft verkieslik 'n 2 stuk. Ek wil nie te veel betaal, niks meer as R500 nie. Moet lekker backbone hê, moet redelik lekker kan cast.

Voorstelle?
 

Naruto

Sealiner
Ek het begin vanjaar vir my n 7' elbe stokkie gekoop. Was nie eers R300 nie. Ek kan nie wag om my eerste baber op hom te vang nie.Bietjie kort vir casting, maar dalk kry n mens n langer weergawe...
 

Attachments

  • baberstok1.jpg
    baberstok1.jpg
    36.3 KB · Views: 110

HennieB

Sealiner
Waar het jy die stok gekoop Naruto? Ek het die naweek met 'n 5.6ft Elbe stok 'n Nile Perch gevang en hy het baie lekker gewerk. As die stok nie ver kan cast nie is dit ook nie 'n train smash nie want ek het 'n dinghy.
 

Naruto

Sealiner
Ek het nog niee eens die stok getoets nie. Le seker al 6 maande in die stoor. Hy was self al by Koppies en nog niks met hom gevang nie. Hopelik gaan dit verander by Tago in November.
 

Skuimkop

Sealiner
pm vir Enigma. Ek het my Jade Axe stokke by hom gekoop en daai goed mag maar lekker cast. Sy cast weight is gerate op iets soos 900g maar ek sal net gaan seker maak. Genoeg gas in die tenk om grooter babers as die 25 kilo een wat ek gevang het maar even 'n 10 kilo baber word alte heerlik gespeel met daai stokke. Dit en my Calcutta is los hande my gunsteling gear. Ek dink Enigma hulle stock nou die outjie se upgrade maar hoor maar.

ps: ugly sticks is ook absoluute great stokke. Self ook drie van hulle, hehehe.
 

Skuimkop

Sealiner
O ja ek vang sommer party keer Karps met die Jade Axe. Sulke goeie allrounders is hulle. Sterk en speel baie lekker.
 

braailegend

Senior Member
Ek like van met 'n 6foot Poseiden boot stok baber vang. Ge rate 9-18kg (neem aan dis lyn klas, maar is redelik slap). Het my so R400 gekos, en met my speedmaster op, cast ek seker net so oor die 30m met 5oz sinker en groot aas. Maar kon nog niks vars water vis lekker baklei op hom, maar het wel 'n 21kg conger eel in PE hawe onder die quay uitgetrek. :spite

Die lekker ding van die kleiner stok is dat dit lekker op my kayak werk... veral as die vis erens gaan inkruip en ek moet agter na.
 
Top