Babers by ifafi

Mostertl

New member
Manne middag. Ek was die naweek wat verby is by ifafi gewees by harties.
Daar is twee eilande so 200m in die water waarnatoe ek toe roei toe ek klaar my lyne ingevat het.

Toe ek by die eiland kom sien ek iets wat ek nie kon verstaan nie. daar was seker n stuk van 10 babers wat daar in die poele op die eiland gele het en soms so snaakse geluid gemaak het.

Dit maak my dom:fbash
 

Skuimkop

Sealiner
Mostertl wrote:
Maar meer van altwee. Die geluide was vir my die snaakste>

Kon dit wees dat hul spawn?

Weet dit gaan moeilik wees maar kan jy min of meer beskryf hoe die geluide geklink het?

My eerste indruk was ook dat hulle gespawn het maar dis vir my bietjie laat in die somer maar hulle kon ook so relaxed gewees het daar dat hulle dan daai sluk/lug hap/poep geluide maak. Het dit al gesien as jy op babers afkom waar hulle nooit gesteur word nie. Dis asof hulle nie besef wat om hulle aangaan nie.
 
Top