baber vang

janG

New member
Hallo almal kan iemand my dalk se waar rondom witbank is daar plekke wat mooi groot babers gevang kan word en watse aas is die beste.
Dankie
 

Unlimited

Sealiner
as jy groter as 10kg wil vang sal jy moet vaaldam of vaalrivier toe gaan.

kollege plaas by vaaldam is goeie baber water, naaste aam witbank ook. gebruik maar viskoppe en fillets.
 

Alex123

Member
Hi JanG, Unlimited is reg.. Jy gaan moet Vaaldam of Vaalrivier toe. Muddie koppe of sommer so heel gehaak is dodelike aas vir babers in die Vaaldam.

NB:(10/0 sirkel hoeke)
Sny al die vinne af, krap die skubbe ook af, maak 'n paar diep snye oor die lyf en laastens sny die kieu "deksels" ook af.. dit alles help om geur in die water vry te stel.

Net 'n vraag manne.. Waar dink julle is die grootste babers, in die Vaaldam of in die rivier? Ek begin al meer dink dat daar meer groot babers in die dam is..?
 

Unlimited

Sealiner
die dam... maar soos meeste damme en riviere gaan jy eers deur n magdom van onder 15kg oukies moet deur werk om by die groter enes te kry. En nee, groter aas vermy nie die prbleem nie, dit maak dit eintlik erger want die kleiner oukies tel dit op maar kan dit nie in sluk nie en dan kry jy nie n hook up nie, net n katrol wat heeltyd skree en wanneer jy kap en wil speel spoeg hy aas uit
 

Alex123

Member
...ok natuurlik die waarheid. Die kleintjies het 'n nare gawe om 'n wonderlik voorbereide aas op te voeter...en jou adrenalien goed die hoogte in te laat skiet.

Stem saam ivm. die dam wat groter/swaarder vis het.

:fst:
 
Top