Baber op Bass Lure

Skuimkop

Sealiner
Aai dis altyd 'n aangename verrassing as 'n tekkie bek 'n ou se lure optel as jy 'n ander spesie target.

Klaasman jy't seker nou nog hoendervleis of hoe? lol. Well done.
 
KLAASMAN

New member
Altyd n tydjie vir n ou snorbek op ligte gerei. Ek sien jy hengel ook die Oranje Rivier. Waar gaan julle gewoonlik,want ek reel so nou en dan trippies teen die Oranje af met rubberducks vanaf Noordoewer tot by Sendelingsdrift of verder as die ouens so lus voel.
Hier is my bootjies. Hierdie is geneem op dag 2 by Ausengehr.Ons bly so 6dae op die rivier en hengel maar vir Geelvis en Baber en braai en kuier.
 
Attachments

  • 072.JPG
    072.JPG
    62.1 KB · Views: 174

Skuimkop

Sealiner
Klaasman ek vat die Oranje so van twee kante af aan. Ek vang die meeste so twee tot drie keer 'n jaar in die Oranje daar net onder die Gariep damwal en het laas jaar vir die eerste keer (November) die laer Oranje onder kant Upington op privaat gronde aangevat en wil daar (enige plek in die laer oranje) tenminste een keer 'n jaar doen.

Ek is nou so bly ek het jou hier raak geloop wat sulke safari's in die Oranje doen en dis asof 'n kop dokter of 'n veerarts jou gestuur het lol. Ek het nog nie weer beplan aan die jaar (2011) se trippie nie maar GROOT asb as jy my meer info kan gee sal ek dit waardeer. Hier is my mail adres: riaankok@webmail.co.za

Ek sal dit baie waardeer en sien regtig uit om van jou te hoor, dankie Klaasman. ::S
 
Ant86

Sealiner
Please send me details.

Looks like an awesome get away for a boys weekend

Please PM me the details

thanks anthony
 
Skuimkop

Sealiner
Hoekom gewaar ek 'n Sealine Oranje rubberduck baber safari kop uitsteek op die horison?  :kaykak

Dan kan Artlure manne soos DWB en Droomvanger saam gaan om ons Artlure rookies tou wys te maak en bekende aas manne soos Enigma en Hennie Moller om in die aand die aas manne tou wys te maak en so hul te help om 'n kans te staan om hulle droom Tekkie bek te vang. En dit op Kunsaas en op vleisaas. Vlieg hengel vir die groot Geles (en snorre) is natuurlik ook 'n opsie. ::SAs ek so na die foto's kyk sien ek myself klaar regs net voor die coolbox sit. lol

Ps: Soos ek dit het is April en Mei ook baie goeie tyd vir Monster babers in die Oranje. So ons sal moet spring. Wat sê julle manne? Ons kan dalk even 'n borg of twee kry.
 
Skuimkop

Sealiner
Skuimkop wrote:

Ja ek het ook gedink dis 'n bad idea. LOL :hyst:
 
Skuimkop

Sealiner
Ek het met Klaasman gepraat laat verlede week en hy het net nou 'n trippie om te doen en as hy terug kom sal ek en hy bietjie praat oor die hele storie en sien met wat ons voor en dag mee kan kom. Op die stadium klink dinge vir my heel goed.

Maar ek sal julle op hoogte hou soos die dinge aangaan.
 
Top