Aston Lake 28/07/2011

wmpruis

New member
Ons was gister 28 Augustus 2011 Aston Lake toe vir die dag, en die weer het so bietjie goor gelyk. Baie wind en bewolkerig. Ons het die oggend geen vis gevang nie. 'n Oom wat +- so 65 was het toe al 6 karpe vir die oggend uitgetrek en ons het op 0 gestaan. En toe was ek negatief... Ek en my skoonpa loop toe na hierdie oom the en hy se toe vir ons hy vang nog die hele tyd op devilsfork en cinamon. Ek krap toe in my tackle box en meng my voer met rooi fluorosien en 'n eetlepel mollasse. Sit Champion dips se bunspice bleeding floatie op een hoek en 'n plain wit floatie op 'n ander hoek. spuit my bom toe met 'n Almond/Buspice dip wat ek self aangemaak het en sit bietjie Duiwelsdrek op. DIe ander stok sit ek dieselfde hoekaas op en dieselfde Almond/Bunspice dip en die keer met Dusk and Dawn. Ek katrol toe die ene met die Dusk and Dawn op in om nog aas op te sit  en net so 10m voor die oewer sien ek ek het 'n kleine karpie gevang seker minder as 500g. My skoonpa kom leen sommer vand die busspice floaties en gooi All ROunder op die bol, en so 20 min later toe vang hy 'n klein babertjie. Ek het toe weer ingegooi en weer presies dieselfde aas op en so uur en 'n half later spring my poliesie man. Kap hom, en trek toe die vissie uit. Dit was toe al 4 uur en ons het vir die laaste keer weer ingegooi terwyl ons oppak en ongelukkig het ons toe die res van die dag niks gevang nie.

Oh ja my hoek lyn was so 20cm lank waarmee ek die twee visse gevang het. Ek kannie wag om weer te gaan nie. Nou begin ek die dam like want ek beginne nou leer wat soek die vis.

 
 

Attachments

  • IMG-20110828-00025.jpg
    IMG-20110828-00025.jpg
    39.1 KB · Views: 119

PI

Senior Member
Dankie vir die report.

Ek sien jy het lekker naby die wal gesit. Hou aan try, die dam is nice.
Ek weet persoonlik dat daar karpe oor die 4kg is so you never know...

PI
 
Top