Hi Schalk
Daar is 2 oewers by die dam waar jy kan camp
Schuinsdraai natuurbewaaring en Aloa Park
Ek hengel by Schuinsdraai gereeld. Daar is Huisies te huur by Schuinsdraai maar hulle is ver van die dam af. By Aloa Kan jy wel Groot Tente huur met krag opwekkers.
Dis maar meestal Caravaan en tent Staan pleke.
Albei die plekke se badkamers is nie wat wonders nie, maar daar word skoon gemaak en daar is darem 'n stort.
Wat die vis aanbetref kry jy al die klain species redelik naby soos Rooineus moddervis, Chinese Silver carpe , Kurpers en Bass
Die carpe kry jy gewoonlik verder so van 80m tot Max, maar dis nie altyd moontlik met die hak plekke nie.
Die Dips wat werk is maar meestal Musks en Soet Frugte as die warm is en 'n sterk Geure saam soos Bunspice, Garlic of Dywelsdrek as die wind sterk waai.
Deeg aas, Garlic mielies, Banana Mielies en Floaties werk goed maar vat Kariba wurms ook saam. Moet ook nie bang wees om jou aas te dip nie.