allemanskraal dam

CENTREPIN

New member
ek wil net bietjie info kry kan iemand my se hoe is die situasie by allemanskraal dam wat werk en waar is die beste om te sit.
 

fan

New member
As jy by Aldam is ry links vir so kilo daar is n lekker sloep met diep water voordat jy die groot baai kry. Sit in die middel van die sloep, links is daar so rots bank wat in die water inloop wat kan probleme gee.

Ek was oor nuwe jaar daar, ek het net op so 70m gevang met bol en floatie bo aan die hoek met gewone sprite deeg onderaan, cherry,tuti fruti en fx het die beste gewerk. Ek het 26 visse gevang van 6uur tot so 1uur meestal karp in die 1.5kg klas, grootste was 2.5kg, lekker groot muddies en 2 Grootbek geles van so 2kg. Hoe langer die dag geword het die voerplek begin werk en later kon jy nie 2 stokke in die water he nie.

Die ou wat langs my gesit het, het n vorige ou se merker gebruik en sy lyne met boot ingevat 200m, hy het groter karp gekry tot  6kg en baber van 15kg met plattie.

Geniet dit!

 
 
Top