Ai Koos....

yacoob

Senior Member
Koos vlieg besigheidsklas tussen Kaapstad en Johannesburg , en hy is
besonder verbaas om te sien dat die passasier in die stoel langs hom
'n papegaai is.

Toe die lugwaardin verbykom, vra Koos vir 'n koppie koffie.
"En vir my 'n whiskey, jou koei!" snou die papegaai haar toe.
Die lugwaardin is so verbaas dat sy die whiskey bring, maar Koos se
koffie vergeet. Toe Koos haar daarop wys dat hy nog wag vir sy
koffie, skree die papegaai vir haar: "En bring vir my nog 'n whiskey,
jou koei!"


Duidelik ontsteld kom die lugwaardin terug met die papegaai se
whiskey, maar weereens sonder Koos se koffie.
Nie heeltemal seker hoe om sy koffie te kry nie, besluit Koos om die
papegaai se metode te gebruik.

"Ek het jou nou al twee maal vir koffie gevra, jou simpel ou koei.
Bring dit nou voor ek kwaad word!"

Die volgende oomblik het die kaptein en 'n paar van die manlike
passasiers vir Koos en die papegaai beet en dra hulle na die
nooduitgang toe. Net voor hulle uitgegooi word sê die papegaai aan
Koos: "Vir iemand wat nie kan vlieg nie het jy nogal 'n groot bek!"
 
Top