After our first serious attempt at shark fishing l

plugger

Senior Member
Hows this for a pension pipe ? We found it washed up on the beach, its made from solid round bar must weigh about 3kgs !! I guess i wouldn't have carried that back up the beach either.
 

Attachments

  • Mapelane rodholder2.jpg
    Mapelane rodholder2.jpg
    37.6 KB · Views: 131

Hennessy

New member
No I was not at mappies this time thank goodness and no nobody
Ever casts for me

Have fun too this has become tired

Toodles
 

Fanie

Sealiner
Plugger, as julle nou weer Map toe gaan, daar is 'n voedpad teen daai berg (dit voel so) op. Gaan op tot bo, jy sal die diep sloep sien wat van vlak tot in die diep water uitgaan. Daar waar die reguit stuk in die diep water verdwyn is net die plek.

As daai foto's geneem is waar julle vandaan hengel is julle in 'n groot vlak area, die klein haaitjies kruip daar weg vir die grotes in die sloep omdat die grotes nie so vlak kan gaan nie ;-)

Net daar waar julle was die grootste haai ooit gesien 100m in. Het vlieers daar gehad met gevriesde 3kg karpe vir aas maar die wind wou net nie saamspeel nie. Het die vlieer een dag getoets tot groot vermaak van die ander hengelaars. Al wat hulle sien is 'n karp wat in 'n stofwolk verby hulle trek. Nee wat ek se net vir hulle ek het hom gister hier gevang L0L.

Later die aand was my stok twede om te gaan na ek dieselfde karp net seker 10m gegooi gekry het. Nee wat, hy't net so entjie geswem toe stop hy en knaag gou-gou die 200lb staal af. Volgende keer 3mm vlekvry, en ek is steeds so vies daaroor ek vat sommer 6mm net om die haai 'n pit te druk :-D

Ek het (nou dat ek nie by die see uitkom nie) een van daai Mullers kites gekry en hom getoets (sonder 'n karp aan). Hy vlieg lekker in die wind in, jy sal jou aas op die regte plek kan kry met hom. Jy sal net so bietjie nader na die rivier se kant toe moet loop en laat val die aas regoor waar jy sit. Oppas net vir die krokke en seekoeie daar. Ek kan amper nie glo meer ouens vang nie met vlieers nie.

Die strand het so effe afgespoel vandat ons daar was...
 

Fanie

Sealiner
Hoekom karp ? Vars water vis se vleis is meer solied, die pikkertjies stroop nie die vleis van die grate af nie.

Karp is ook 'n stink vis (o herrie moet tog nou net nie vir die 'spesie puriste' hiervan se nie), die vel is slymerig en het 'n sterk reuk as hy ontdooi en in die verhemelte reg voor die kiewe is twee groot vetkliere.

Voor jy hom 'insit' steel jy so paar gaatjies met iets soos 'n els in die derms en in die vetkliere sodat hulle lek as hy ontdooi, die vet kliere se olie ruik ook baie skerp.

As jy rerig desperaat voel vat 'n kondoom en vul hom met vis olie (of iets) sodat hy in die karp se keel inpas. Klein gaatjie en hy dra by tot 'n lekker kol op die water, jy kan selfs 'n lekker helder rooi kleursel saam insit, wie weet wat begin 'n 'feeding frenzy'...

Die ander lekker ding van karp is hulle is geredelik 'n groot grootte vir groot vis. Jy kan dus jou sardienjies self braai en eet.

Die spiet kops wil ook mos altyd weet waar gaan jy heen, so as hy vra wys hom die koelerbox vol vis en se vir hom ons eerlike hengelaar glo nie daaraan om ons natuurlike bronne uit te put nie, 'we replace eh eh eh what we take out' :-D

Wie weet, hy's dalk so beiindruk hy gee nie eers vir jou 'n kaartjie omdat jy 190 gery het nie, en dis seker ook nie so erg nie. Maar moet net nie rook nie want dan is jy in jou ma se muishare in.
 

plugger

Senior Member
 

 

 

::S::S::SDankie Fanie one het lekker gelag. Verskoon my Engels maar my tweetaligheid (is there such a word ?) is nie so goed nie. I have been to the view site a number of times in the past but not for a while. I will make the climb next time for sure, if you still can. Maintenance there is not quite what it used to be. i have never tried fresh water fish as bait but I remember one of my kids friends got smashed up on a Talapia (kurpa ?) that he found  floating in the river. Maybe next time we will go down to Inanda dam and spear a few Carp for slides. I know spearing in fresh water is not allowed but we don,t have the expertise to catch Carp and the boys have slipped off the side of the boat and speared a few for the locals before.

 

 
 
Top