HI PI.....
It will help a lot if you knew on which side of Cilliers your fishing,
We fished league there and nobody got fish I got a single muddy and came second in my Zone (Left)
However we fished there Club Competition two weeks back and the muddies and big grassie came-out..(Perdekamp)
Report below of winning bag for the day
Martin Steyn
Dag manne,
Wel ek het 03:30 saterdag oggend wakker geword en my laaste goedjies reg gekry vir die komp by Cilliers. Moet se dit was nie met veel verwagting nie na die vorige keer se blank. Ons is toe in diekar en die pad aangedurf en om 05:50 by die hek gekom vir die vergadering en nommer trek.
Ek trek toe nommer 13 en dit is toe die 8 ste kar wat in ry. Ek gaan kies my spot en begin afpak en opslaan. Omdat dit Cillier is besluit ek toe om dadelik so diep moontlik te beign en laai my 2 x 12ft stokke een met P4 en ander een met m1.5 en sit hulle daar binne. Voor ek my oe kon uitvee sit my vrou al met 4 vis en ek het nog nie eers 'n beweging gehad nie.
vinning gaan haal ek toe die 10ft stokkies uit en kry hulle reg ek besluit toe om op 70m te hengel. Myvrou het haar vis op GP en peach gekry en ek besluit toe op 'nkombinasie van Musky mole, peach en TCP. En slegs degies op die hoeke.
En dadelik is ek in die vis. Die kombinasie het vir my die hel dag gewerk en ek het slegs met die boonste hoek ase rond gespeel. Een kariba en dan net floatie en ook net deeg. As die vis bietjie stil raak het ek die onderste degie in floro geskud dan kom die vis weer aan die gang.
Die vis het maklik uitgekom tot so 11uur tot die wind draai, en toe begin ons lelik vas sit met baie stroppe en visse wat verloor is, en ek het gedink dit kan my kos by die inweeg.
By die skale toe weeg ek 36 vis vir iets soos 20kg (kan nie presies onthou nie) en dit gee my 1ste plek vir die dag. Myvrou weeg 10vis vir 7 kg en vat ook die eerste plek in die dames afdeling. Die keer darem 'n suksesvolle trippie by Cilliers.