nice
dinge begin nou bymekaar kom.
net n paar aspekte:
1. n lag veselglas aan die binne kant, om veilig te wees sal nie skade aan doen nie.
twee lae ook nie, maar jy sal die hull moet afskuur en grof kry sodat die nuwe lae lekker vas kan klou.
2. die ou metode van drukking op die lae hout werk, ek sou net nie gom gebruik het nie.
n lag resin, dalk n lag veselglas en weer n lag resin tussen die planke ply wood.
wat lekker is van dit, is dat die lag resin ook die hout aan daai kant seel.
so sou daar water op n lag intrek, dit dalk nie by die ander lag sou uitkom nie.
3. daar is niks fout met jou hande werk nie.
dit is wel nie n lekker job nie...been there...lol
4. behalwe vir engine mounting gate...moet nie weer gate boor nie. nie eens vir n tranducer nie.
op my boot, het ek a staal bracket wat dieselfde engine boud gebruik waarop my transducer is.
5. as jy wel n transducer op n ander manier vas wil sit...dat merk n blokkie hout op transom uit waar jy hom wil he.
skuur die area n bietjie grof.
dan n dun lagie resin, en n veselglas lagie en weer n lagie resin, dan jou blokkie hout vasgedruk.
as daai ding plak, plak hy behoorlik en hoef jy nie te worry nie.
my blokkie hout "meranti" het ek eers geseel met resin, orals to geplak.
wat gaan jie die keer insit vir buoyancy?
sondor foam?