WEET IEMAND HOE DIE VISVANG BY RONDEVLEI IN DIE KA

andriesyssel

Senior Member
WEET IEMAND HOE DIE VISVANG BY RONDEVLEI IN DIE KAAP IS .ONS WAS 3 WEEKE TERUG OP DIE EILAND EN DIE GROORSTE VIS WAS 9.8 KG . BAIE KLEIN VIS IS GEVANG MET 18 MM BOILIES TUSSEN 1 EN 2 KG . DIE WATER VLAK IS BAIE LAAG. EK VANG MAAR DAAR WANT DIT IS MOEILIK OM OUENS TE KRY WAT PRIVAAT DAME KEN WAAR EK KAN PROBEER SPESIE HENGEL.
 

Skuimkop

Sealiner
Ek was September laas daar gewees so ek weet nie hoe is dit nou daar nie. As jy se die watervlak is so laag en met die hitte wat ons beleef het nou onlangs sou ek raai die visse sou die dieper water gaan op soek het. As dit windstil was toe julle daar was sou dit soveel erger gewees het agv die suurstof te kort dan in die water. Klink my julle kon dalk 'n 1-2-3 punch gekry het.

Ps: Die ouens het oor Desember en in Januarie baie goed gedoen van die dag jetty's af.
 

andriesyssel

Senior Member
Ek ken iemand wat laas naaweek daar was , hulle se die boot waarmee hulle jou ieland toe vat het vasgesit agv. die water wat so laag is . Ek dink n bait boat is die antwoord . hulle se jy kan die vis sien maar nie by hulle uitkom nie . Ja die wind het gewaai toe ons daar was . ek weet nie hoe lank n carp king bait boat se batery hou nie anders sal ek my boot saam gevat het .Ons was 3 ouens en dit sal nie reg wees om net jou lyn in te vat nie .Ek gaan probeer om n solar charger op my boot te sit. ek hoop dit is moontlik . Dit is baie tyd verdrywend om almal se lyne in te vat .Jy kry nie tyd om jou eie gear op te set nie . Ek gebruik my aas boot nie as ons baie ouens by die dam is nie .Dit is n mors van tyd om floaties in te vat met n boot . As jy spesie hengel doen is dit beter want dan gebruik jy die boot minder en kan jy n paat ouens se lyne invat vir hulle
 

TOE 007

Sealiner
Wag totad dit begin Reen , daai karp ,raak dan spek vet , jy sal dit nie glo hoe daai 9 kg visse dan vinnig 14 kg word .
Die beste tyd is in gietende reen !

Rondevlei was nog altyd baie goed in die reen seisoen !
Die water wat so laag is maak dit dodgy , en vuil stink plek om tehengel !
 

andriesyssel

Senior Member
Weet iemand wat die grootste karp is wat daar gevang is . Ek dink nie dit is maklik om die grootes te vang nie .Die mense wat daar werk se die groot karp hou aan die ver kant van die dam waar die hengelaars nie kan bykom nie , maskien kan die grootes met n lang goed beplande sesie gevang word . wie weet maskien  is die nuwe sa rekord in die dam
 

Skuimkop

Sealiner
Confirmed 14 kilo iets en uncomfirmed 18 kilo iets. Dit verbaas my nie want gaan kyk maar op google watse klein stukkie regtig gehengel word en ja daar moet moewiese goed daarin wees.
 

Vleipadda

Senior Member
Ek gaan nou al jare lank Rondevlei toe , nie so seer om te hengel nie maar wel om die voels te gaan loer , van nou tot so April/Mei maand is die water so laag en dit sal laer word nog dan is dit weer ren seisoen en die watervlak sal styg - dis natuurlik om te gebeur dis 'n wetland
 

Vleipadda

Senior Member
Ekt vandag 'n paar pics gaan vat om julle 'n ide te gee hoe laag die water is , dit het met amper 'n meter gesak
 

Attachments

  • 100b0511 (Small).jpg
    100b0511 (Small).jpg
    43.4 KB · Views: 85

Skuimkop

Sealiner
Ek was eerste daar in nog al voorens 'n lyn water gevat het. Ek het gehoor hulle het 'n baber in die tenk gehad. hahaha
 

Vleipadda

Senior Member
Daars eintlik 2 barbers in daai tenk behalwe die karp en tilapia ek ken nie barbers vang ni maar sal skat hys ten minste so 'n 5kg
 

TOE 007

Sealiner
Daar is definitief , vis van oor die 15 kgs in Rondevlei ,sonder enige twyfel , ek weet van Karp wat voor 1996 daar gevang is van 17 kgs plus !
 
Top