Dagsê manne. Ek sal bly wees as julle vir my raad kan gee. Ek is eintlik 'n papgooier, maar wil graag vir bass probeer terwyl ek wag vir die karps om te byt. Sommige dae is die karp stadig om te byt en dan is bass hengel ideaal om jou besig te hou. Ek sit baie moeilik stil langs die dam. Wat ek eintlik wil weet is water kunsaas julle sal voorstel ek moet aanskaf vir iemand op my vlak. Uit die aard van die saak sal my kunsaas versameling net uit die nodigste bestaan, en daarom dink ek dit is belangrik om die effektiefste kunsaas aan te skaf. Baie dankie by voorbaat.

