Ek het ouens wat brandewyn in kroeë drink, al baie dopgehou.
Hulle kan 'n vrolike klomp wees, ernstige brandewyndrinkers. En let
bietjie op: Die vetste brandewyn drinkers is byna altyd die wat hul
brandewyn saam met Coke Light drink.
Die maeres drink dit met gewone Coke.
’n Brandewyn drinker druk ook tussen slukke dikwels sy glas hier voor
hom teen sy maag vas, asof hy sy maag agter die glas probeer wegsteek.
Kyk maar.
Dis iets wat 'n cane drinker byna nooit doen nie. ’n Cane drinker sit
sy glas altyd tussen slukke op die toonbank neer.
Dis omdat cane drinkers meestal sit en drink.
'n Brandewyn drinker staan graag en drink. Jou brandewyn drinker is ook
gewoonlik die eerste een in die kroeg wat die kroegmeisie aanvat oor die
musiek wat oor die luidsprekers speel. 'Haal af daai gemors, toe,'
sal hy hier ná die derde dubbele Klipdrift sê.
'Sit vir ons Delarey op.'
Tog is dit nie brandewyn drinkers wat Bok van Blerk se liedjie Delarey
die hardste saamsing nie. Dit is die rum drinkers. Luister maar.
Dis omdat rum drinkers oor die algemeen meer aggressief as
brandewyn drinkers is. Dit is die waarheid.
’n Brandewyn drinker kan ook aggressief wees, maar sy aggressie is
dikwels gerig teen groter groepe: WP-ondersteuners, of loodgieters, of watter groep ook al.
Maar glimlag bietjie vir ’n rum drinker se meisie en kyk wat gebeur:
Hy sal na jou gluur en gluur en gluur; en dan moet jy maar liewer die
kroeg verlaat, meneer, want jy kan dalk seerkry.
As 'n rum drinker boonop Cream Soda of Sparberry by sy rum drink, is
hy eers gevaarlik. Wees gewaarsku.
Vodka drinkers kan ook aggressief wees, maar hulle pass dikwels uit
voordat hulle jou kan slaan. Of hulle vergeet waaroor hulle jou wou
slaan en koop vir jou ook 'n vodka sodat jy ook kan vergeet.
Gin drinkers is die onaggressiefste van die lot. Dit is asof gin steeds
goeie koloniale maniere in drinkers losmaak.
Jou gin drinker hou altyd sy glas ver van sy lyf af, asof hy bang is hy
kan daardie bitter smaak ruik.
Let maar op. (Dis dalk gin wat maak dat party Britte so 'n bitter
gesigsuitdrukking het.)
Gin drinkers lag nie sommer nie. Jou brandewyn drinker lag die maklikste
van almal. Jy vertel vir hom die flouste grap, dan, kwa-kwa-kwa hy. Jou
brandewyn drinker vertel ook laataand vir jou Tolla van der Merwe-stories
en maak asof dit sy eie is.
Cane drinkers vertel byna nooit stories nie. Cane drinkers sit dikwels
iewers alleen en mompel dinge vir hulself.
Whiskey drinkers, weer, sê graag vir mekaar die dinge hardop wat
cane drinkers net vir hulself mompel. Whiskey drinkers probeer graag diep wees. 'n Whiskey drinker sal iets sê soos: 'I know that I'm
forgiven, but I don't know how I know' en dan sal hy goed oor
homself voel. ’n Whiskey drinker druk ook sy glas dikwels in die middel
van sy borskas vas, asof hy sy hart wil wegsteek.
’n Brandewyn drinker se glas is ook altyd halfleeg, nie halfvol nie. Ek
weet dit, want ek was self 'n ernstige brandewyndrinker.
"Barman, 'n koue Castle vir my asseblief!"