Vrot Kaboem

kenny65

New member
‎'n Song op die wysie van "Pampoen" Hoop nie ek kom iemand te na nie.

Vrot Kaboem

Draai, draai daai degies lekker vas
Bring, jou dippies en jou kas
Vat die pad na Oranjeville
En draai net af, waar jy wil
En as jy wil, bring jou bicycle

Volg, volg die potholes in die pad.
Ry, deur die velde as jy wil.
Hier wag ek die jare om.
Vir 'n bietjie MaGic op die horison.
Of iets soortgelyk, waaraan ‘n vis kan byt.

Bring jou vrot kaboem en sak van die lemoen
En jou kano wat se bodem lek.
Vir alles wat ek aan jou gedoen het.
Kan jy my lyne intrek.

Bring jou vrot kaboem en sak van die lemoen
En my double cab wat ek afbetaal
Vir alles wat ek vir jou gedoen het
Moet jy my vis uithaal

Stuur, stuur my ‘n bietjie MaGic da
Maar, as jy kom los die ander dippies daar
Hier’s net plek vir drie van ons
Ek en Teressa en ook my hond
Sy naam is Stich, maar hy ry nie fiets

Bring, bring daai klein vissies wat jou pla
En, ek maak ‘n hok van ogiesdraad
Ek spaar nog vir die landing mat
En 'n karavaan, want ons reën nat.
Ek sal moet MaGic leen, dit kom netnou reën.

Bring jou vrot kaboem en sak van die lemoen
En jou kano wat se bodem lek.
Vir alles wat ek aan jou gedoen het.
Kan jy my lyne intrek.

Bring jou vrot kaboem en sak van die lemoen
En my double cab wat ek afbetaal
Vir alles wat ek vir jou gedoen het
Moet jy my vis uithaal
 
Top