Voermaak plek

hotstuff

Senior Member
Hierdie is `n ding wat baie van hengelaar tot hengelaar verskil.Ek gooi net 15 kg mielies op `n slag in die kooker en laat dit staan vir twee dae met `n halwe koppie vanilla essens in om saam in te trek.Ek sal dan die mielies sag kook en deur die meul sit maar nie alles nie.

Ek druk dan balle van die gemaalde voer en los dit in die son vir so twee ure om styf te raak en droog.By die voermaakplek gooi ek dan net `n paar balle af en strooi van die ander gekookte heel mielies om die voerplek.Hierdeur kan jy reguleer hoeveel voer om te gooi en nie te over feed nie.

Ek gee die voer ook nie `n kleur nie anders sit jy met net een kleur voer.Ek sal liefs FX of tartrazine of Sa poeier op die voerbal gooi as ek cast

Die voerballe wat oor bly kan die aand weer afgegooi word en weer gegooi word met die volgende oggend se sessie van visvang

 
 

hotstuff

Senior Member
die kooker het `n dubbel element onder in wat kan oorgeskakel word vir een of twee elemente.Hierdie kooker kan so 25kg mielies op `n slag kook en smelt glad nie
 

Attachments

  • DSC00106.JPG
    DSC00106.JPG
    35.8 KB · Views: 309
Dis nice,hou van die idee dat jy tussen deur so paar voerballe kan goeie.Het nou al paar voerplekke gemaak en die vis van die voerplek af gevang.Of vir een of ander rede skuif jy en dan het jy vir iemand anders voerplek gemaak.
 

hotstuff

Senior Member
Die meul en kooker vat ek saam as ek dalk op `n week trippie gaan.Ek kook dan nie so baie mielies op `n slag nie anders raak dt suur
 

KarpKing

New member
ek voer amper nooit minder as 2 emmers vol gekook mielies en 2 blok bees lek 'n dag voor die tyd en ek het nog nooit 'n slegte dag se hengel gehaad by 'n SA of inlands nie. groot of klein dam winter of summer dit werk.
 
Top