Voerballe

Osie

Senior Member
Wel ek gan hierdie naweek vir die eerste keer my eie voerballe probeer maak en ek wil net graag die volgende bevestig:

As ek hempsaad by sit sal dit beter wees om dit te kook en dan in te sit of om dit te crush en dan in te sit?

Die peanuts, moet ek dit kook voordat ek dit byvoeg?

Ek wil ook weet of dit sal help om geursel soos caramel of so iets by te gooi?
 

Skuimkop

Sealiner
Yho-yho..... goeie ding jy vra. lol. Jy MOET die peanuts kook as hulle rou was toe jy hulle gekoop het anders kan die Karp vrek as hulle rou peanuts eet. Ek sal die hemp sade kook en die water wat oorbly gebruik om jou voerballe mee te maak. Ek sal hulle so heel gebruik. Jy kan even bietjie hemp olie bygooi om op te maak vir die olies wat uitgekook het. Hemp saad is dodelik in my opinie.

Jy kan ook geursel by gooi as jy wil maar wat as die vis nie daai geur op die dag soek nie? Ek kook altyd 'n paar Kaboem mielies met so paar hande vol crushed mielies ook by en dan gooi ek Corn syrup (ook corn candy genoem by koperasies) om die mielie geur/reuk meer te beklemtoon. Maar ek doen dit as ek 'n area pre-bait en sal dit nie sommer met voer balle vir op die dag gebruik nie.

Kyk na die lys hier onder vir 'n idee oor die voorbereiding van particels.
 

Attachments

  • Partical Preparation Guidelines..doc
    54 KB · Views: 53

Vleipadda

Senior Member
Grondboontjies kan ontsettend gevaarlik wees indien nie reg voorberei word nie dit gaan vir meeste "particles" so volg maar die link van hierbo om nie die menere se dood te veroorsaak nie
 

Osie

Senior Member
Baie dankie skuimkop. Ek het wel die peanuts gekook asook die hempsaad. Ek het op 'n vorige geleentheid daai dokument van jou afgelaai en maar daar volgens gewerk.

Ek moet se die bolle het goed uitgekom nou moet dit net droog en dan sal ek hulle volgende week gaan toets en julle laat weet hoe het dit gegaan
 
Top