Voer in 'n rivier

B-Fish

New member
Goeie dag almal,

Ek wil net so bietjie uitvind oor iets asseblief.

Wat is die beste manier om particles (Mielies en kaboems) in 'n rivier te voer? Se bv. by die hoek bloemhof.

Ek het 'n lepel en rocket waarmee ek voer kan ingooi maar spoel dit nie weg in die rivier nie? Is dit nie beter om maar net molasses balle in te gooi nie of hoe maak julle in 'n rivier?

Enige terugvoer sal waardeer word!

Dankie
 

HenryF

New member
Voer kol maak in n rivier is maar n moeilike ding maar daar is n paar dinge wat help.

1. hoe vinnig vloei die rivier? as dit te vinnig vloei mors jy jou tyd om n voer kol te probeer maak selfs met molasse

2. voer die selfde as wat jy sou by n dam, maar gooi ook voer balle in lyne na jou kol toe want rivier vis is baie nomadies so jy moet hulle maar lok na jou kol toe

3. hengel die "margins" naby die oewer want die rivier vloei gewoonlik stadiger daar en die voer spoel nie so vinnig weg nie

4. soek die dieper sloeppe op jou voer sal langer hou daar want die rivier vloei is stadiger hoe dieper jy gaan

ek hoop dit help

sterkte met jou sessie
 

B-Fish

New member
Dankie vir die terugvoer HenryF,

Ek sal beide aan my kant van die halfte van die rivier hengel maak dit so 1/3 en meer na die sloep gedeelte toe.

Daar gaan ander ouens ook saam so as hulle tempo/kwaliteit beter of dieselfde is dan sal ek nou nie aanhou voer nie.

Ek weet die beter vis daar kom gewoonlik oor die halfte uit so sal interessant wees om te sien wat gebeur.

Sal laat weet as ek terug is. :)
 
Top