Goeie dag manne,
Ons het gou Saterdag oggend so teen 04:00 Vaaldam toe gery vir 'n vinnige sessie so tot Sondag oggend (wel dit was die idee..). Ons was op privaat grond, soos ek kon afly - skuins oorkant Wilgedraai. Ons het dadelik die seuns se stokke reggekry om vir ons "aas" te vang.. Nie lank nie en hulle het vir ons 'n paar gras karpies gehad en nou kon die "manne" ook besig raak..
Stokke is gelaai met heel graskarpe (klein) waarvan al die vinne en skubbe af gekrap is asook 'n paar gate in gesteek om ekstra "geur" in die water vry te stel.. Die aas is met die aasboot ingevat, maar ek reken net so tussen 80-100m. Die ander stok is gelaai met 'n "dooie" plattie...
Na wat ek reken was so bietjie meer as 'n uur het een van my stokke begin loop (graskarp), maar so "stop start" en dan weer dieselfede proses.. met die vierde lopie besluit ek om vas te maak, en hy is aan! So paar minute en 'n lekker geveg later het ons hom, nie 'n monster nie maar 'n begin - 13,6kg.
Na so 30min. toe loop my vriend se stok (plattie) en hy maak vas met een van 6,8kg..en wat snaaks is van die baber is dat hy glad nie 'n stert het nie. Persoonlik dink ek hy is deur 'n boot getref toe hy kleiner was, want dit het perfek herstel en hy was in baie goeie kondisie..
Toe kom daardie "WIND" en hy waai vir ons terug na ons "gemaklike skuiling" toe...en dit was nou eers 12:30 Saterdag middag.. Om nou 'n baie lang storie kort te maak kon ons nie weer gaan vang nie want saam met die wind het die sand en stof ons goed gelooi langs die water.. Ek het my een stok in gelos vir nog so twee ure en toe my seun gestuur om hom ook uit te trek - met 'n groot gejuig het hy my kom meedeel dat daar 'n baber op my ander stok was - 5,5kg
Dwars deur die nag het die wind hard gewaai en die volgende oggend ook maar nou was die wind koud. Ons pak toe maar op. Die tydjie wat ons wel kon vang was baie lekker ons en die seuns het dit baie geniet.
Fotos volg...
pwf__+