Vaaldam Winde

Jorries

New member
Ek het 'n tyd terug die idee gekry om 'n woonwa te koop om te gebruik as ek by die vaaldam gaan hengel, maar na die naweek se winde by Oranjeville wat my Coleman Event Shelter (staal raam, nie aluminium nie) in 'n bol opgevrommel het en 'n deel van 'n huis se dak afgeruk het, is ek nie meer seker nie.

Wat is julle ondervinding van woonwas en die Vaaldam winde? Ek weet 'n mens kan storm toue oor die tent span maar hoeveel wind kan 'n woonwa hanteer? Ek het al gehoor van woonwaens wat omgewaai het.
 
Top