Vaal-Rivier

Brakkanjan

Senior Member
HO HO HO

Langnaweek by die rivier, kan bietjie weer stokke gooi na lang tyd. Geskok toe ek sien hoeveel stof hulle het.

Belowe ek sal die peanut en hemp voer van my ook toets daar. Ek weet amandel is altyd 'n wenner by die rivier.

Gewonder as jy die heeltyd op dieselfde kol met net goue stroop op jou bol gooi, maar baie. Dink julle dit kan werk?

Die ander stok sal ek natuurlik 'n ou karp koppie he of honderharte hoog geryg op 'n octopus no 10 seehoek. (GRIN).

Sal die groot smiles en vis fodies stuur as bewys.

:wfish
 
As jy eksperimenteel voel, sou ek sê meng amandel met die goue stroop en rooi poeier. Dalk n paar druppels TCP, mmmm. TAC?! Net n gedagte. Enjoy!
 

Brakkanjan

Senior Member
Hey shark, ek het 'n goeie tac mengsel, miskien op die een stok goeters probeer en die ander een hou met basics? Maar ek dink amandel gaan weer sy ding doen. Het eenkeer by die rivier so paar muddies gestamp deur die hele strop met degies in 'n bottel molasse te druk. TCP loop ook oop kole en ek gooi hom altyd, warm of koue weer maak nie saak nie. Dankie!
 

ASG

New member
Solank jy net Lyall's Golden Syrup in die groen blik met die leeuw op gebruik. Hy het n beter reuk as enige van die ander.:wfish
 

Naruto

Sealiner
ASG wrote:
Solank jy net Lyall's Golden Syrup in die groen blik met die leeuw op gebruik. Hy het n beter reuk as enige van die ander.:wfish

daai goed is te lekker om vir die visse te voer.
 
Top