Uiteindelik!

tinusdejager

New member
Probeer al jare :))) registreer, maar kry dit nie reg nie. Toe vanoggend ... sukses. Hier is baie om te lees en baie om te leer. Hoop om julle geheime te leer en dalk 'n paar te deel.

And please tell me how to find bloodworm near Mosselbaai  ^^..
 
Lofty

Senior Member
Welkom Tinus,Armand is reg jy sal by Knysna kan pomp waar jy met mikiroskope,valkoë,verkykers en sateliete dopgehou sal word om nie oor jou 5 te gaan nie.
 
Lofty

Senior Member
tinusdejager wrote:
Dankie Lofty ... ek het op TV gesien die ouens pomp in die Klein/Grootbrak rivier ook?
Jy sal 'n week nodig hê om een te kry,glo my doen die moeite en ry Knysna toe want in Stilbaai is ook nie meer na die vloed nie.As ek mag vra hoekom soek jy Bloedwurm,Desember sal pinkprawn,vars rooiaas,pilchard en ordentlike chokka die ding kan doen want jy gaan Kraker,Hotties en Kabeljou kan target op dit,bloedwurm gaan jy 100km ver ry en 5 wurms pomp wat nie die moeite werd is nie,die ander ase is beskikbaar en as jy op hulle niks vang nie gaan bloedwurm ook niks maak nie.
 
tinusdejager

New member
Lofty, ons is al 'n paar jaar op Vleesbaai ... dink my oupa het die huis in 1953 gebou. Het nog altyd gewonder waar om wurms te kry ... dis al aas wat ons nog nie daar probeer het nie.
Maar jy is reg, 100km (met die Prado) is te ver vir aas. Sal maar weer terugval op die gewone. Klink my ek moet maar mossel saambring. Sukkel baie om hulle by Boggomsbaai te kry.
 
Francois13

Senior Member
tinusdejager wrote:
Probeer al jare :))) registreer, maar kry dit nie reg nie. Toe vanoggend ... sukses. Hier is baie om te lees en baie om te leer. Hoop om julle geheime te leer en dalk 'n paar te deel.

And please tell me how to find bloodworm near Mosselbaai  ^^..
:welcomesea:Tinus!
 
tinusdejager

New member
Lofty wrote:
Hengel julle die sloepe aan die saal se kant of die Vleesbaai strand?
Van Kanon tot Boggomsbaai, met die hoek ingesluit. Hengel maar meestal saam met my Pa en hy verkies om weg te bly van die rotse.
Saal is te vuil, so ons stap maar Snuifklip toe as ons die rotse aandurf. Van Vleesbaai af is daar 'n paar mooi plekke om te gooi voor jy by Snuifklip kom.
Lanklaas iets van die sand gevang.
 
Gaan pomp eerder 'n lekker klompie vars pienkprawn in Gourits rivier,dis 5 km van jou af en geen vis sê nee daarvoor nie veral daardie area waar julle hengel waar die water lekker blou kan wees en groot belmanne loop.
 
Top