Hey CBruwer.......
Doen jouself n guns & gaan na die "search" funksie & tik in die woord Tugela.
Dan lees jy die meeste vd onderwerpe wat die manne al geplaas het & veral die mees onlangse "threads".
Dit sluit in van Waar om vars aas te kry , beste hengelspots, spesies in die somer, sekuriteit ens. Goeie leesstof.
Daar is al baie geskryf oor Tugela & meeste vd vrae is feitlik beantwoord.
Al wat sal verskil is die spesies wat van seisoen tot seisoen beskikbaar is.
Steek ook kers-op by die plaaslike hengelaars & by JD LOTZ waar jy gaan bly. Hy is die eienaar v TUGELA Mouth Resort. Hengelaars wat daar bly gee gewoonlik terugvoer onder mekaar & JD sal ook op hoogte wees van wat daar gebeur tydens jou verblyf.
Wat die "spots" aan betref n week terug, is nie altyd noodwendig van toepsassing op 2 weke later nie.
Soek net na die "WERKENDE" waters & gooi jou lyn.
Jy kan beide Eds & non Eds verwag die tyd vd jaar. Salmon , shad & lobotes, kom nog uit. Jy kan jou "flatties" verwag met n lys van haai spesies.
So, groot "throw baits" vir haaie & flattiies of "slide" met dooie of livies sal werk.
Beste tye bly maar vroeg oggend met eertste lig , & laat middag. Die eertste paar ure na donker op een vd genoemde getye of tydens n hoog kan ook goeie resultate lewer.
Dan as jy die inkomende of uitgaande gety kan kry saam met daai tye is dit ideale omstadighede.
n Baie goeie & bekende spot is reg voor TMR, sou jy uitstap by hul hekkie & as jy op die strand kom , kyk uit vir n "rip" op jou noorde kant. Dis n paar tree se stap.
Alhowel alle hengelaars nie hul geheime spots weggee nie , moet jy gesels met jou plaaslike inwoners wat daar hengel. Hul bydrae & info is goud werd.
Hoop dit sit jou op die regte spoor.