Trol vir geelvis

janbeyers

New member
Goeie dag.

Ek het onlangs begin met kunsaas hengel en leer nog al die tyd! Het onlangs Orania toe verhuis en vir my 'n boot aangeskaf om Vanderkloof te hengel.

As ek geelvis wil teiken deur te trol - hoe ver agter die boot moet my Salmo swem? En kan ek met 60hp motor op idle spoed trol? Of moet ek trolling motor installeer? Raad hieroor sal help!

Stywe lyne!
 
Ek is nie ‘n ervare geelvis ou nie, maar het onlangs saam met Rudolph Venter by Taung gehengel om vir Salmo ‘n video te maak en daar het ons vir geelvis ge-troll onder andere.

Gebruik Salmo Ratllin Hornets 4.5cm en 6.5cm wat se voorste hoek verwyder is. Troll teen so 3km per uur en eksperimenteer met die lengte van jou lyn, begin met ±30m en sien hoe dit werk. Gebruik Salmo lures en moenie jou tyd op die ander mors nie. Koop hulle in Vanderkloof, hulle het hierdie week voorraad gekry.

Hier is een van die video’s wat ek geneem het en daar is ‘n paar gedeeltes waar ge-troll word. Die plan was oorspronklik om Vanderkloof toe te gaan, maar weens die vuil water en koue omstandighede in Oktober het ons eerder Taung dam toe gegaan.

https://youtu.be/SsQ079hu5Pc

Lees ook Rudolph se artikels hier:

Taung:
http://rudolphsreeladventures.co.za/high-stakes-high-rewards/
http://rudolphsreeladventures.co.za/high-stakes-high-rewards-part-2/

Vanderkloof:
http://rudolphsreeladventures.co.za/trophy-catches-vanderkloof-dam-part-1/
http://rudolphsreeladventures.co.za/trophy-catches-at-vanderkloof-dam-part-2/
 

janbeyers

New member
Baie dankie!

Help baie.

Het Vrydag al bietjie aangevul by die Midas op Vanderkloof. Dankbaar vir daardie voorraad!
 

HennieB

Sealiner
Ek was laasjaar April by VDK en het baie meer sukses gehad op spinning vir die geles. Groot en kleinbek, omtrent niks op trolling gekry nie.

Salmo Hornets in 3S veral Hot Perch was by vere die beste.
 
Top