Trap hooks.

Skuimkop

Sealiner
Ok so with some advice from you guys I finally made my first trap hooks and must say I'm amped to test them out later this month. And it's looking good if I must say so myself.
 

Attachments

  • 20131025_162649.jpg
    20131025_162649.jpg
    30.7 KB · Views: 245

Wernerbloem

New member
Nice, Riaan bemark daai hoek as Skuimkop se traphooks, seker daar is 'n besigheid geleentheid wat jy op die kant kan begin.

laat weet as jy dit getoets het.
 

B-Fish

New member
Lyk goed!! Ek het dit al probeer net nie die shrink tube gebruik nie maar sommer met fly fishing garing gedoen.

Net bietjie advies, gebruik 2 klein hoekkies en nie net een nie, dit hou die groot hoek mooi proud.

Verder wat nog sleg is die klein hoekkies buig maklik oop en so maar laat weet hoe dit gewerk het!
 

Skuimkop

Sealiner
Raait julle sal sien hoek A se klein hoekie en hoek B se klein hoekie het ek anders om opgeplak op hul verskillende groot hoeke. Daar is 'n rede hiervoor en met 'n klein bietjie theorie agter die een van my kant af. Die ander een is oorsee op die mark vrylik beskikbaar so is klaar in die veld getoets. Ek het die klein hoekies so gemaak dat hul funksie slegs is om die groot hoeke proud in plek te hou totdat die groot hoeke die baber sal hak. Dus kan hy maar afbreek of oop buig sodra hy dit reg gekry het. Ek sal dit egter nog in die veld toets hoe goed die hoekies hou. Miskien hou hulle goed en dit sal dan absoluut bloot 'n bonus wees. Julle sal sien dat hoek A se klein hoekie 'onprakties' omgekeer is. Dis hier waar my theorie na die voorgrond kom. Ek noem hom 'n 'grou' of 'grab' hoek. Dit sal altyd die voorste hoek moet wees wat ek met 'n polomar knoop knoop. Die teorie is as ek die tandestokkie met die bead (om die hoek proud te laat staan en te laat bly) in sit en hy die skag van die groot hoek teen die vis se lyf vastrek dat dit sal veroorsaak dat die klein hoekie dan in die vleis van die vis sal 'ingrawe' en so beter verseker dat die groot hoek sal proud staan en nie so maklik sal gaan plat val nie. Die rede hoekom ek dit nie ook met die agterste hoek doen nie is omdat ek die agterste hoek snell op sy plek en dat sy mechanics ander behoeftes het om te vul. Een is as jy jou bait gaan cast gaan daai agterste hoek ook teen die vleis trek en hopenlik jou hele rig in plek hou en dat jou hoeke wat jy reg gespasieer het in hul plek en afstand sal bly. Die voorste hoek sal die in my opinie nie voldoende kan verseker nie. Daai agterste hoek se klein hoekie is dalk te klein maar dit sal ek vinnig kan korekteer indien dit 'n probleem is en jou hoeke nogsteeds uitskeer of skuif.

Julle sal let op die skets hier onder dat daai groot hoeke heeltemal buite jou aas gaan wees en dus makliker proud sal kan staan as hoeke wat in die vleis gehak is.
 

Attachments

  • Karp baber aas rigged.jpg
    Karp baber aas rigged.jpg
    24.2 KB · Views: 170

Skuimkop

Sealiner
Nog 'n demonstrasie. Die blou pyltjies dui aan waar ek die klein hoekie beplan om te hak en hoe. Hoop julle sien waar ek aan die 'grou' of 'grab' vandaan kry.
 

Attachments

  • Karp baber aas rigged 2.JPG
    Karp baber aas rigged 2.JPG
    24.6 KB · Views: 170

Skuimkop

Sealiner
B-Fish wrote:
Lyk goed!! Ek het dit al probeer net nie die shrink tube gebruik nie maar sommer met fly fishing garing gedoen.

Net bietjie advies, gebruik 2 klein hoekkies en nie net een nie, dit hou die groot hoek mooi proud.

Verder wat nog sleg is die klein hoekkies buig maklik oop en so maar laat weet hoe dit gewerk het!

Dankie vir advies. Het ook daaraan gedink en dis hoekom die outjies nog getoets moet word. Hak/plak/vasmaak jy die twee klein hoekies by mekaar amper soos 'n treble sal lyk maar sonder een been?
 

B-Fish

New member
Ja presies soos 'n treble sonder een been. :) Jy moet maar rondspeel aangaande presies hoe ver uitmekaar om hulle te sit sodat jy hulle nogsteeds maklik in die aas kan hak en dat hulle die groot hoek mooi stabiel hou.

As jy nou nog meer tegnies wil raak het ek ook gevind dat 'n long shank hoek (Bv gripper hoekkies wat gebruik word om vlieggies mee te maak) vir die klein hoekkies beter werk as 'n short shank want jy kan die ''long shank'' meer stabiel aan die groot hoek vasmaak/plak wat ook op die oueinde vir jou 'n beter presentation gee.

Dis dit ek hoop die veld toetse begin amper?::S
 
Top